Noue ontkoming
Die bekende Oshakati-gebaseerde ortopediese chirurg, dr. Andreas Voigt, en sy vrou was gistermiddag naby Okahao in die Omusatistreek in ’n ongeluk met 'n ligte vliegtuig betrokke. Hoewel Omusati se streekbevelvoerder van die polisie, komm. Ismael Basson, aanvanklik nie die identiteit van die insittendes bekend gemaak het nie, kon Network Media Hub (NMH) bevestig dat dr. Voigt die vlieënier was.
Volgens Basson het die dokter saam met sy vrou gevlieg toe hy ’n enjinprobleem opgemerk en begin daal het, voordat die ligte vliegtuig neergestort het. “Die vrou is vir ’n ondersoek in die hospitaal [met ligte beserings]. Die man is ongedeerd,” het Basson gesê.
The aircraft that crashed near Okahao in the Omusati Region this afternoon belongs to Oshakati-based orthopaedic surgeon Dr Andreas Voigt.
While Omusati police regional commander Commissioner Ismael Basson did not disclose the identity of the occupants, Namibian Sun can confirm that Dr Voigt was piloting the aircraft.
Basson said the doctor was flying with his wife when he detected engine failure and began descending before the aircraft crashed.
“The wife is at the hospital for check-up [with slight injuries]. The husband is fine,” Basson said.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie