Nog ’n lokomotief minder
’n Lokomotief van TransNamib het Saterdag tussen Aus en Lüderitz aan die brand geslaan. Die brand het glo omstreeks 09:00 in die elektriese gedeelte van die lokomotief ontstaan.
Volgens me. Abigail Raubenheimer is TransNamib nog altyd redelik deursigtig met die uitdagings wat die maatskappy in die gesig staar met betrekking tot verouderde toerusting.
“Ongelukkig is sulke voorvalle ’n direkte gevolg daarvan. Hierdie spesifieke lokomotief is meer as 50 jaar oud. Niemand is tydens dié voorval beseer nie. TransNamib het dadelik sy noodreaksieplan geaktiveer en die brand is geblus.
“Ons bedank graag vir Klein Aus Vista, die Aus Hotel-personeel asook die Aus-dorpsraad vir hul hulp met die blus van die brand.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie