Fish River Canyon
Fish River Canyon

Nóg stappers uit Visrivier-canyon gered

Ellanie Smit
Nog drie stappers moes verlede week per helikopter uit die Visrivier-canyon gered word.

Dit volg byna twee weke nadat ’n reddingsoperasie om 13 mense uit die canyon te red, wat ongeveer 35 uur geduur het, van stapel gestuur is.

In daardie stadium het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gesê hy oorweeg om die staproete te sluit na aanleiding van verskeie reddingsoperasies wat uitgevoer is sedert die stapseisoen op 1 Mei geopen het.

Kommer het ontstaan ​​oor die veiligheid van stappers in die canyon en of daar genoeg water is.

MR24/7 se nasionale bedryfsbestuurder, Conrad Jacobs, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dat twee ander reddingsoperasies verlede week uitgevoer is waarby ’n bejaarde man Woensdag en twee bejaarde vroue Vrydag betrokke was, almal Suid-Afrikaners.

Jacobs het gesê hulle is almal ervare stappers en medies geskik, maar almal het van diarree gekla.

Soos met die vorige groep sodra hulle weer begin water drink het, het hulle beter begin voel.

“Hierdie is ervare stappers, waarvan sommige die canyon reeds sewe keer gestap het. Hulle weet wat om te doen, so daar is beslis iets fout hier,” het hy gesê.

Jacobs het verder gesê dat hulle soos met die vorige gevalle ook weer probleme ondervind het met die mediese fonds in Suid-Afrika om ’n helikopter te stuur om die twee vroue te red.

“Die mediese fonds het bloot gesê hulle sal nie daarvoor betaal nie. Die mediese fonds verwag ’n mediese vorm van die stappers in die canyon en daar is gebiede waar mens nie mag ingaan nie.

“Die twee vroue was Vrydag 5 ure weg van enige beskawing af. So net om my personeel van Keetmanshoop af te stuur is drie ure se ry, dan moet hulle vyf ure in die canyon instap net om toetse te neem vir byvoorbeeld bloeddruk en suikervlakke om aan die mediese fonds te verskaf.

“Dan moet hulle weer uitstap om die uitslae te verskaf, voor die mediese fonds sal besluit of hulle gaan betaal of nie.”

Jacobs het gesê die Suid-Afrikaanse mediesefondsvereistes is dus dat daar eers ’n mediese verslag gelewer moet word om te bepaal of dit ’n mediese noodgeval is.

“As jou suikervlakke en bloeddruk normaal is, sal hulle nie ’n helikopter stuur nie. Dan moet ons besluit wat om te doen, terugsit en wag dat die situasie vererger of gaan dood.”

Hy het verduidelik wat hulle doen is nie soek en redding nie, wat hulle doen is ontruiming en dit is wat die mediese fondse moet verstaan.

Jacobs het ook beklemtoon wanneer toeriste ander lande besoek, hul mediese fondse daarvan bewus gemaak moet word.

“Mense bel nie net van die canyon af omdat hulle moeg is nie. Hulle is beseer en soms kan hulle net nie fisiek voortgaan met die staptog nie, want daar is ’n tekort aan water,” sê Jacobs.

Die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het gesê die ministerie is bekommerd oor hoe gereeld stappers uit die canyon gered moet word.

Hy het gesê dit kan ook lig werp op die vereistes wat die ministerie het vir stappers om die canyon binne te gaan, soos ’n fiksheidsertifikaat.

“Miskien moet ons hierdie vereistes opskerp. Waarskynlik is daar ook ’n element van valse verklaring, wat beteken dat dokters miskien nie ’n ware weergawe van die fiksheid van hierdie mense gee nie.

“As dit waar is, speel die dokters eintlik met mense se lewens.”

Muyunda het verder gesê dat die canyon ’n moeilike terrein is om te stap en dat diegene wat die staptog onderneem, fisiek en geestelik daarop voorbereid moet wees.

Hy het gesê dat ’n ander vereiste is dat hierdie stappers hul eie versekering moet hê, wat beteken dat die koste van die ontruiming van stappers uit die canyon nie deur die ministerie gedek sal word nie.

“Hulle moet daardie reëlings tref voor hulle die canyon stap en voorbereid wees in noodgevalle.”

Hy het gesê hy kan nie kommentaar lewer of daar enige planne is om die staproete te sluit nie.

Daar is egter positiewe terugvoering van stappers op die Facebookgroep, I Hiked the Fish River Canyon, oor hoe hulle die staptog voltooi het en bygevoeg dat daar genoeg water in die canyon is. Hulle het ook hul lof teenoor die Namibia Wildlife Resorts (NWR) uitgespreek wat water aan hulle verskaf het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%