FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF

Meer as 20 in enkele dae

-
-
Nikanor Nangolo

Meer as 20 sterf in enkele dae

‘n Reeks verwoestende ongelukke oor die langnaweek het Namibië laat steier met die lewens van 22 mense wat teen druktyd op die land se paaie verloor is. Net voor die aanvang van die langnaweek het ‘n ongeluk Woensdag op die B2-hoofpad tussen Arandis en Swakopmund tussen ‘n minibus en ‘n vragmotor die lewens van agt mense geëis. Vrydag sterf 11 mense ná ‘n botsing tussen ‘n bussie van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wat personeel en pasiënte vervoer het en ‘n vragmotor op die B1-hoofpad tussen Otjiwarongo en Okahandja. In nog ‘n ongeluk Vrydag sterf een persoon in ‘n botsing op die B2-hoofpad sowat 10 km van Usakos onderweg na Karibib. Op dieselfde pad sowat 7 km voor Karibib sterf ‘n vrou Sondag toe die bestuurder van ‘n minibus met 13 passasiers beheer oor die voertuig verloor en dit die pad verlaat. In die Omusatistreek sterf die bestuurder van ‘n bakkie Sondagaand nadat hy teen ‘n donkie bots, beheer oor die voertuig verloor, dit teen ‘n boom bots en in vlamme uitbars.



Kommentaar

Republikein 2026-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer