Burgemeester, vriend in veldbrand beseer
Die wegholbrand wat sedert Woensdagnamiddag in die Rehoboth-omgewing woed is deur plaaswerkers begin.
Volgens mnr. Mario Junius, oudste seun van Rehoboth se burgemeester, mnr. Enrico (Toes) Junius, was die werkers besig om ’n plaashek te sweis toe vonke die gras aan die brand gesteek het.
“Die brand het vinnig na ons plaas Waldesruhe versprei. My pa en sy vriend Quintin (Doefie) Diergaardt het uitgery plaas toe om die brand te blus. Die wind het egter die vlamme gedraai.
“Hulle het die voertuig omgedraai en wou van die brand af wegry toe die voertuig in ’n aardvarkgat vasgeval het. Die vlamme het hulle vinnig oorrompel en hulle het geen ander uitweg gehad as om deur die vlamme te hardloop nie. Dit is waar beide baie seer gekry het,” het hy gesê.
Junius en Diergaardt is per ambulans na ’n hospitaal in Windhoek geneem.
“Al twee het 60 persent of meer brandwonde opgedoen en ons is tans besig met reëlings om hulle nog vanaand na die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad oor te plaas.”
Mario vertel sy pa was bekommerd oor die plaaswerkers wat saam met hulle was.
“Hy het die hele tyd gevra of hulle oukei is. Die mans het mekaar in die brand en gepaardgaande chaos verloor en hy was bekommerd oor hulle.
“Ons het hulle gesoek en hulle later gevind waar hulle besig was om die brand te bestry. Hulle kon weghardloop en het ingespring om te help. Ons hele plaas se weiding is verwoes. Gelukkig het ons geen skade aan geboue gely nie.”
Die brand het 40 kilometer buite Rehoboth wes van die Tsumis-afdraai sowat 12 kilometer op die D1230 begin. Dit het vinnig versprei en later oor die B1-hoofpad tussen Rehoboth en Kalkrand gespring.
Teen 06:46 Donderdag was die Tsumis-brand onder beheer en het die brand nog in die ontoeganklike berge voort gewoed.
Die vlamme het egter weer opgevlam en vrywilligers en noodpersoneel is weer uitgeroep om met brandbestryding te help.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie