Brand eis driejarige seuntjie
’n Brand wat die naweek by plakkershuis ontstaan het en die lewe van ’n seuntjie geëis het, het uiteindelik meer as honderd ander mense dakloos gelaat. Die driejarige Immanuel Iyaloo Abisalom het Vrydag in die brand op Kuisebmond, Walvisbaai, gesterf. Volgens adj. komm. Erastus Iikuyu, woordvoerder van die polisie in die Erongostreek, het die brand ontstaan nadat ’n minderjarige seun wat in een van die verwoeste plakkershuise woon, die stoof aangelos het terwyl hy nie by die huis was nie.
Volgens Iikuyu is 111 inwoners dakloos gelaat nadat 24 plakkershuise op vier verskillende eiendomme in die brand verwoes is.
Mnr. Dennis Basson, die hawedorp se brandweerhoof, het intussen ’n beroep op ouers gedoen om hul kinders se veiligheid in noodsituasies te verseker.
“Die ma van die kind wat gesterf het, het hom glo tydens die brand uit die oog verloor,” het Basson gesê.
Hy het inwoners versoek om ekstra versigtig te wees wanneer hoogs vlambare items gestoor word.
“Ons het dieseltenks, gasbottels en stapels hout op sommige persele gevind. Dié items stel die lewens van inwoners in gevaar en kan beduidende skade veroorsaak wanneer ’n brand uitbreek.”
Basson het ook 'n dringende beroep op gemeenskapslede gedoen om brandkrane te respekteer en te beskerm.
“Dit is elkeen se plig. Dit is ons eerste bron van ’n konstante watervloei wanneer ons brande bestry. Dit word deur mense gevandaliseer en die krane word vir skroot verkoop, wat dit vir ons bitter moeilik maak om brande te bestry.”
Die munisipaliteit van Walvisbaai het onmiddellike hulp aan die slagoffers van die brand verskaf. Al die rommel is uit die geraakte gebied verwyder, terwyl 22 tente opgeslaan is vir inwoners wie se huise in die brand verwoes is. Matrasse, komberse, kospakkies en blikkies vis is ook oorhandig, terwyl noodwaterlyne met krane geïnstalleer is en vullishouers vir rommelverwydering afgelewer is.
Volgens Basson het die die brandweer se vinnige optrede verdere skade verhoed.
“Ons reaksietyd was uitstekend. ’n Munisipale beampte was op die toneel toe die brand ontstaan het en het dit deur die gepaste kanale aangemeld. ’n Sterk wind het die vlamme aangeblaas, maar ons kon daarin slaag om die brand te beheer en te blus.”
Hy het die teenwoordigheid van ’n groot groep omstanders op die toneel veroordeel en ’n beroep op die polisie gedoen om meer mannekrag beskikbaar te stel om brandbestryders tydens voorvalle te beskerm.
“Hulle verhinder ons om ons werk te doen en iets moet hieraan gedoen word. Baie van die mense het niks konstruktief gedoen nie, maar net gestaan en kyk. Hulle drom saam, staan rond en verhinder ons om by die brand uit te kom. Mense is aggressief teenoor ons.”
Die voorsitter van die munisipaliteit se bestuurskomitee, mnr. Richard Hoaeb, wat op die toneel van die brand was, het ’n beroep op leiers gedoen om hande te vat om beter behuising vir alle Namibiërs te voorsien.
“Die feit dat sulke voorvalle al hoe meer in Walvisbaai voorkom en lewens, sowel as eiendom, verloor word, is ’n noodkreet. Ons as leiers moet dit ernstig opneem. Dit vra vir drastiese maatreëls en optrede. Ons mense het ordentlike behuising nodig, ordentlike strukture gebaseer op bouregulasies, en behoort nie meer in plakkershutte te bly terwyl baie grond in die land beskikbaar is nie,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie