Bokwagter (9) beland in krokodil se kake
’n Negejarige is Saterdag omstreeks 14:00 by die Rundjarara-nedersetting in die Ndiyona-kiesafdeling deur ’n krokodil gevang.
“Daar word beweer dat die oorlede minderjarige, die negejarige Mudumbi Richard Mwambu, saam met sy vriende bokke in die weidingsgebied opgepas het. Hy het dors gevoel en besluit om water uit die rivier te gaan drink,” sê die Namibiese polisie in vandag se misdaadverslag.
Sy liggaam is nog nie gevind nie en die naasbestaandes is reeds in kennis gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie