Photo Caption
Photo Caption

Bekende boer sterf in mikroligtevliegtuigongeluk

Francoise Steynberg

Die Namibiese polisie het bevestig dat ’n bekende boer en sakeman van Maltahöhe vanoggend in ’n mikroligtevliegongeluk op een van sy plase in die omgewing gesterf het.

Adjunkkommissaris Tudor Kotungondo van die Hardapstreek het aan Republikein bevestig dat polisiebeamptes op die ongelukstoneel toneel is, maar dat kommunikasie bemoeilik word met geen selfoonsein in die omgewing nie.

“Ek kan net bevestig dat daar ’n ongeluk was waarin iemand dood is. Maltahöhe se polisie is daar, het hy aan Republikein gesê.

Die vliegtuigongelukondersoekbeampte, Herman Namene, van die direktoraat vir vliegtuigongelukondesoek (DAAI) in die ministerie van werke en vervoer sal ook na die toneel vertrek sodra die presiese ligging van die wrak aan hom deurgegee word.

Die naam van die oorledene is bekend aan Republikein, maar sy skoonseun het vir privaatheid gevra, veral terwyl sy vrou in kraam is met hul babaseuntjie. Hy het bevestig dat sy skoonma by hulle in Windhoek is en sy skoonpa se liggaam ook op pad is na die hoofstad.

Intussen het die oorledene se buurvrou gesê hy was ’n yster in die gemeenskap.

“Dis ’n groot verlies, ’n groot boom wat geval het,” het sy emosioneel gesê.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-10-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer