UNAM-studente vrywillig verskuif
Deelnemers aan Jeugspele gehuisves
Kos word daagliks afgelewer, terwyl sekuriteit verhoog en internetverbinding gereël is.
Die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur het bevestig dat 375 studente van die Universiteit van Namibië (Unam) in die aanloop tot die Afrika-unie Sportkommissie (AUSC) se Streek Vyf Jeugspele na die koshuis van Concordia College verskuif is. Adjunkminister Dino Ballotti het beklemtoon die skuif het ná konsultasie gevolg en was nie onder dwang nie.
“Ek wil dit op rekord stel dat 375 studente inderdaad verskuif is,” het Ballotti gesê.
“Die studente is deur die direktoraat vir studentesake, Unam-bestuur, Unam-studenteraad asook lede van die behuisingskomitee geraadpleeg. Ek is betroubaar ingelig dat nie een student met geweld verwyder is nie.”
Volgens Ballotti skryf 60% van die groep studente hereksamens en is 20% mediese studente wat tans hul prakties in hospitale doen. Die studente sal by Concordia gehuisves word totdat die Spele op 12 Julie ten einde loop.
“Kos word daagliks afgelewer omdat daar tans geen kookgeriewe by die koshuis is nie,” het Ballotti gesê. Vervoer, verhoogde sekuriteit en Wifi is ook vir die studente gereël.
Ballotti sê baie van die studente het ook vrywillig aangebied om tydens die Spele te help.
Vroeër vandeesmaand het die wetmaker en parlementslid Job Amupanda die tydsberekening van die verskuiwing van die studente bevraagteken en beweer Unam het hulle tydens ‘n belangrike eksamentydperk verplaas om voordeel uit die opgradering van infrastruktuur te trek.
“Hulle wou die studente uitsit sodat hulle kon voordeel trek, nou verstaan ons wat die universiteit daaruit sou baat,” het Amupanda gesê.
“Hulle het die studente onder die bus gegooi.” Hoewel hy erken het dat ‘n verklaring van die ministerie “‘n bietjie hoop” gebied het, het Amupanda volgehou die kwessie is swak hanteer.
“Dit is nie veronderstel om op daardie manier hanteer te word nie,” het hy gesê.
Unam se woordvoerder Simon Namesho het op sy beurt verduidelik die verskuiwingsproses het in fases plaasgevind. Dit het begin met 38 studente wat vir dringende opknappings in die koshuis verskuif moes word en het later vermeerder om die bedryfsbehoeftes van die Jeugspele te akkommodeer.
“Met die eksamentydperk wat afgehandel is, het die plaaslike organiseringskomitee die koshuisgeriewe nodig gehad om aankomende atlete te huisves,” het Namesho gesê.
“Op 26 Junie is 375 studente na die koshuis van Concordia College verskuif.”
Namesho het verskille in geriewe by Concordia erken, insluitend minder elektriese punte en beperkte warm water, maar het gesê dat ondersteuningsmaatreëls in plek was, wat vervoer, maaltye, Wi-Fi en sekuriteit insluit.
Hy het beklemtoon dat UNAM nie direkte finansiële vergoeding ontvang nie, maar sê die opgraderings van infrastruktuur wat deur die regering finansier word en wat die koshuise, kombuise en gimnasiumgeriewe insluit, sal studente lank ná die Spele bevoordeel.
Studente wat verskuif is, sê egter dat die skuif hul akademie en welstand ontwrig het. “Daar is geen warm water nie. Ons stort in die koue,” het een student gesê. “Sommige het probeer om ketels te gebruik om water te kook, maar is gesê om dit weens die koshuis se ou bedrading te stop.”
Ander was weer gefrustreerd oor 'n gebrek aan punte om elektroniese toestelle te laai wat hulle dwing om van die gemeenskaplike eetsaal gebruik te maak waar van die toestelle voete gekry het.
“My kragbank is hier gesteel terwyl dit besig was om te laai,” het een student gesê.
Verbindingskwessies het ook vervoer na eksamens gepootjie.
“Soms kom die bus en weet ons nie daarvan nie. Daar is nie Wifi nie, so ons mis die boodskappe,” het nog ‘n student gesê. Die studente het ook die feit gekritiseer dat die verskuiwing op die laaste nippertjie gebeur het.
“Ons is op 25 Junie gesê ons moet die volgende dag skuif, maar dit het eers rondom 16:00 op die 26ste begin, net ure voor ons eksamen om 20:00. Ek het glad nie geslaap nie. Dit was veronderstel om ‘n dag vir hersiening te wees, maar ek moes pak en probeer om my voete te vind,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie