Unam ondersoek gissings oor mediese studente
Die universiteit het aangevoer dit sal onvanpas wees om die name en inligting van die studente wat aanvaar is bekend te maak, aangesien dit hul reg op privaatheid sal skend.
Jemima Beukes – Die Universiteit van Namibië (Unam) het geweier om ’n lys van aanvaardes by sy skool vir medisyne openbaar te maak ná bewerings dat dit deur Owambo-studente oorheers word, en sê ’n mens kan nie ’n persoon se stam aflei deur bloot na ’n naam te kyk nie.
Die universiteit het aangevoer dit sal onvanpas wees om name en inligting van die aanvaarde studente bekend te maak, aangesien dit hul reg op privaatheid sal skend, tesame met die feit dat die universiteit nie die studente se name sonder hul toestemming mag bekend maak nie.
“In hierdie geval is dit vertroulike en persoonlike inligting van al die studente wat aansoek gedoen het en dié wat toegelaat is. Boonop kan die openbaarmaking van studentename sonder behoorlike oorweging die deur oopmaak vir identiteitsdiefstal, bedrog of ander kwaadwillige bedrywighede – wat die veiligheid van ons gewaardeerde studente in gevaar kan stel.”
’n Deel van die omstrede lys wat verlede maand die rondte in die sosiale media gedoen het, het getoon dat 22 studente uit 29 Owambo-vanne het, terwyl sommige bronne beweer sowat 90% van die werklike volledige lys bestaan uit studente uit die Owambo-gemeenskap.
Unam se woordvoerder, Simon Namesho, het by navraag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê dit is egter belangrik om daarop te let dat professionele kwalifikasies – wat deur professionele beheerliggame gereguleer word – by enige universiteit hoogs mededingend is ten opsigte van toelatingsvereistes en dat die aantal studente wat toelating kry, altyd beperk is.
Hy het ook bygevoeg die universiteit is bewus van hierdie feit en konsulteer tans met die betrokke beheerliggaam terwyl verskeie opsies oorweeg word om die situasie te hanteer. Dit sodat die aantal eerstejaars wat plek kry deur professionele liggame gereguleer kan word om uiteindelik gehalte-opleiding te verseker.
“In die meeste gevalle kry voornemende studente uit gemarginaliseerde gemeenskappe in Namibië, wanneer hulle aan toelatingsvereistes voldoen, plasing in die prestige programme vir ’n baccalaureusgraad in geneeskunde en ’n baccalaureus in chirurgie. Nietemin, in die lig van die diversiteitsvereistes waaraan die universiteit onderhewig is, is dit ook belangrik in 'n multikulturele samelewing om nie tot gevolgtrekkings te spring deur net na name as die enigste veranderlike te kyk nie, aangesien dit in sommige gevalle nie akkuraat kan wees nie,” het hy gesê.
Hy het ook gesê die universiteit se uitvoerende bestuur het kennis geneem van die bewerings wat die rondte doen, en het interne prosesse ingestel om al die feite rondom hierdie aangeleentheid vas te stel en om die bewerings te bevestig of te weerlê.
“Dit is belangrik om in ag te neem dat 'n bewering nie altyd 'n feit is nie. Om al die feite vas te stel is ’n uitputtende proses, aangesien dit inligting van verskillende bronne vereis, vandaar die vertraging. Ons verstaan die openbare belangstelling in die aangeleentheid, maar sal dit waardeer as die universiteit die geleentheid kan hê om die feite vas te stel en daarna die publiek dienooreenkomstig kan inlig op grond van bewyse. Die universiteit sal volgende week 'n verklaring oor die aangeleentheid uitreik,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie