Toilette steeds buite werking by Walvisbaaise skool
Hoof stel voor leerlinge bly eers tuis
Ouers het dringende herstelwerk versoek en die situasie as onaanvaarbaar beskryf.
Ouers het kommer uitgespreek oor toilette wat buite werking is by die New Senior Primêre Skool in Kuisebmond op Walvisbaai, 'n probleem wat sedert verlede jaar aan die gang is.
Tydens 'n vergadering wat Woensdag met die skoolhoof, Monde Kolofu, gehou is, is ouers in kennis gestel dat leerlinge moontlik tot verdere kennisgewing tuis moet bly weens die sanitasie-uitdagings.
Sommige ouers het hierdie voorstel verwerp en beklemtoon dat elke liewe onderriguur belangrik is. "Ons kan nie die kinders tuis hou nie, want hulle sal agter raak met hul skoolwerk en hulle het niemand wat na hulle kan omsien as hulle by die huis bly nie."
Daarbenewens het 'n ouer wat gevra het om anoniem te bly, beklemtoon dat die kinders dalk op straat kan beland en by kattekwaad betrokke kan raak.
Hulle het dringende herstelwerk versoek en die situasie as onaanvaarbaar beskryf.
Die skoolhoof het die voortdurende probleem aan Network Media Hub (NMH) bevestig en gesê ouers is ingelig oor die twee opsies: Leerlinge wat tuis bly of skool toe gaan ten spyte van die probleem. Kolofu het ook veiligheidsrisiko’s uitgespreek en opgemerk dat leerlinge twee besige paaie moet oorsteek om toiletgeriewe by ’n naburige skool te gebruik, wat sy as onveilig en tydrowend beskryf het.
Die skoolhoof het bevestig dat ’n brief aan die kantoor van die Walvisbaai-kringinspekteur rakende die saak voorgelê is en nog geen terugvoer ontvang het nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie