Foto Tanja Bause ter illustrasie
Foto Tanja Bause ter illustrasie

Swak uitslae: Covid, hulpbronne nie verskonings

Net 8 133 kwalifiseer vir graad 12
'n Studie het gedui op goeie prestasies deur skole met hulpbrontekorte, maar waar die bestuur by die betrokke skool goed was.
Henriette Lamprecht
Slegs 5 812 uit die 38 019 voltydse kandidate wat in 2022 die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) afgelê het, kwalifiseer moontlik vir verdere studies aan ’n tersiêre instelling.

Uit die meer as 38 000 voltydse kandidate het net 21,4% en wel 8 133 leerlinge (’n styging van 2,6%) gekwalifiseer om vanjaar vir graad 12 oftewel die Nasionale Senior Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) in te skryf.

’n Teleurgestelde minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het in ’n vurige boodskap aan veral onderwysers gesê dis baie duidelik uit die uitslae dat “doeltreffende en kwaliteitonderrig” nie in vele skole en deur vele onderwysers oraloor die land geskied het nie.

Hoewel die minister erkenning gegee het aan die merk wat Covid-19 weens verminderde onderrig- en leertyd op die bemeestering van vaardighede gelaat het, sowel as ’n gerasionaliseerde leerplan op verskillende vlakke, is dit volgens haar nie ’n verskoning nie.

Sy het verwys na die Positiewe Afwykingstudie (Positive Deviance Study) wat gedui het op goeie prestasies deur skole met hulpbrontekorte, maar waar die bestuur by die betrokke skool goed was. Dié prestasies was dikwels beter as by skole met die nodige hulpbronne, maar wat sonder voldoende bestuur was.

Sy het erken die ministerie kon weens ’n afname in hul begroting ook nie alle vereiste poste vir skool- en departementshoofde vul nie, maar het beklemtoon dit is waar die verantwoordbaarheid van onderwysers inkom.

“Dis nie noodwendig dat ’n goed gekwalifiseerde en verantwoordbare onderwyser ’n inspekteur, skool- of departementshoof nodig het om polisieman oor hul onderrig te speel nie,” het sy beklemtoon.

Nghipondoka sê die ontwrigting weens die pandemie in 2020 en 2021 weens verlengde sluitings van skole het ’n groot demper op onderrig geplaas.

Volgens haar het dit ’n rimpeleffek geplaas op die uitslae van kandidate wat nie onderrig onder normale omstandighede gehad het nie, insluitend dat 2022 se kandidate in 2020 aan die kortste end getrek het. Dit verwys na dié wat toe in graad 9 en die volgende jaar in graad 10 of 11 was en gevorder het tot graad 11 of 12 in 2022.

Sy het veral haar skok uitgespreek oor die feit dat 420 leerlinge geen punte in die wiskunde tweede vraestel kon behaal nie.

“Ons het gevind sommige leerlinge kon nie eens 10% van ’n gegewe bedrag uitwerk nie! Dan vra ek myself, wat het in daardie klasse tydens hul skoolloopbaan van 12 jaar gebeur?”

Nghipondoka sê dis baie duidelik uit antwoordstelle dat sommige onderwerpe wat in sekere vakke in die leerplan voorgeskryf is, glad nie onderrig is nie.

“As dit is wat in ons skole gebeur, moet dit dadelik gestop word.”

SKERP AFNAME

Die getal voltydse kandidate (38 019) was ’n beduidende afname van 8 958 minder as 2021 se groep wat die eksamens afgelê het.

Die prestasie van leerlinge in fisika en biologie het deur al die simbole verbeter, hoewel die aantal kandidate wat simbole in biologie kon behaal het, afgeneem het.

Die nasionale gemiddelde prestasie in kommersiële vakke het drasties verbeter, grootliks vanweë goeie uitslae in besigheidstudies, ekonomie en entrepreneurskap. Slegs rekeningkunde het nie verbeter nie.

Die gemiddelde prestasie in alle sosiale wetenskapvakke, ingesluit geografie, het effens afgeneem in vergeleke met die vorige jaar. A*- en A-simbole is meestal soortgelyk as in 2021, met slegs ’n afname van 0,1%.

In taalvakke het ’n gemiddeld van 64% van kandidate ’n C-simbool of hoër vir eerste tale behaal. Kandidate het in metaal- en houtwerk en ook kantoorpraktyk beter gevaar. Die nasionale gemiddeld van kandidate wat simbole behaal het, het met 0,7% teenoor 2021 gedaal.

Deeltydse kandidate wat D-simbole behaal het, is 43,3% – ’n reuse-afname van 15,3% teenoor die vorige jaar.

In totaal het 9 215 kandidate vir die gevorderde vlak (AS) geregistreer. Hiervan was 8 624 voltyds en 591 deeltyds. Prestasie in fisika het ’n verbetering van 1,4% en 0,7% vir onderskeidelik A- en B-simbole getoon.

’n Gemiddeld van 81,2% van kandidate het simbole behaal, terwyl 18,8% nie enige simbool in sekere vakke kon behaal nie.

LEIERSKAP

Nghipondoka het ’n ernstige beroep op senior onderwysbeamptes en inspekteurs gedoen om hul toesighoudende en raadgewende rolle te vervul. Sy het direkteurs ook gemaan om te verseker alle strukture is in plek vir die ministerie om doeltreffende en verantwoordbare dienslewering by alle skole te verseker.

“Interne doeltreffendheid moet bereik word deur geteikende ingrypings. Duidelike doelwitte moet gebruik word om onderwysers verantwoordbaar te hou.”

Die tekort aan hulpbronne moet getakel word deur pogings wat interne doeltreffendheid in die gebruik van materiaal, menslike hulpbronne sowel as tyd verseker.

UITBLINKERS

Die nasionale topkandidate vir NSSCAS is (1 tot 20): Max Feilmeier (Delta), Hendrik Smit (Walvisbaai Privaatskool), Taro Samuelson (Windhoek Gimnasium), Augustinus Shivute (Onawa SS), Daneel van der Walt (Windhoek Gimnasium), Di Christa Mahoro (Delta SS), Simon Velishavo (Rukonga Vision School), Enobong Akpabio (Rev. Juuso Shikongo SS), Lucas Ndongo (St. Boniface College), Faith Shimpanda (Oshigambo HS), Rhosta Lyatumba (Jan Möhr SS), Shetu Amutenya (Rukonga Vision School), Kornelia Foloma (Rukonga Vision School), Al-zarrio Beukes (Dr. Lemmer), Pinehas Ngulu (Uukule SS), Mioné Garbers (Windhoek Gimnasium), Engela Genis (Windhoek Hoërskool), Lesheni Haininga (Onawa SS), Annel Liina Antonio (Oshigambo HS) en Hileni Ndafenongo (Rukonga Vision School).

• Die topskole in die land is (1-20): St. Boniface College, Oshigambo HS, Canisianum RCS, Karstveld Academy, Rukonga Vision School, Edugate Academy, Elcin Nkurenkuru HS, Erongo Karibib Privaatskool, Onawa SSS, Walvisbaai Privaatskool, Windhoek Gimnasium, Otjiwarongo SS, Gobabis Gimnasium, Christian Private School, Oshikoto Heroes’ Privaatskool, St. Josephs RCS, Rehoboth HS, Duneside HS en Rev. Juuso Shikongo SS.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%