Studente wat uit Oekraïne vlug se toekoms onseker
‘Geen plek’ by Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Een van die uitdagings is om plek in programme te kry waar studente moontlik ingeskryf kan word.
Sommige Namibiese studente wat aan die einde van Mei vanjaar uit Oekraïne gevlug het toe hulle besig was om die einde van hul akademiese jaar te nader, moet nog by die Universiteit van Namibië (Unam) ingeskryf word.
Altesaam 85 studente is by verskeie universiteite in Oekraïne ingeskryf, waarvan 37 deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) gefinansier is en 48 private studente is.
Mnr. Percy Tjahere, senior bemarkings- en kommunikasiebestuurder by NSFAF, sê die instelling se verantwoordelikheid was om slegs vir die 37 studente voorsiening te maak terwyl die ander studente die ministerie van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing se verantwoordelikheid is.
“Ons het al die studente wat deur NSFAF gefinansier word ‘n bykomende jaar gegun om hul studies by enige van hul gekose instellings rondom die SADC-streek te voltooi, gegewe dat die studente die vereiste dokumente soos bewys van registrasie verskaf,” sê hy.
Tjahere het bygevoeg die fonds het ook besluit om hierdie studente toe te laat om oor te skuif na hulle gekose instellings, waar die fonds steeds hul rekeninge sal betaal.
“Die regering het ‘n besluit geneem om voort te gaan om hierdie studente by te staan met wat ons herhaalde betalings noem. Byvoorbeeld as ‘n student ‘n vierdejaar was, maar versoek om ‘n jaar te herhaal,” sê hy.
Volgens Unam se assistentdirekteur van korporatiewe aangeleenthede en internasionale betrekkinge, mnr. Shahid Dickson, het die universiteit geen Namibiese studente ingeneem wat weens die oorlog uit Oekraïne teruggekeer het nie.
“Ons het vier fakulteite by Unam. Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde het aanvanklik die moontlikheid bespreek, maar al sy programme is tans vol. Hierdie assessering is gedoen voordat daar na toelatingsmeriete gekyk moes word,” sê hy.
Dickson het verder bygevoeg dat plek in programme waarin studente moontlik ingeskryf kan word, een van die uitdagings is.
Toe hy gevra is of studente van voor af sal moet begin, kon Dickson egter nie kommentaar lewer nie en het Unam se standpunt herhaal.
‘n Student wat private finansiering ontvang en algemene geneeskunde aan die Ternopil Nasionale Mediese Universiteit in Oekraïne gestudeer het, het op voorwaarde van anonimiteit gesê die situasie het sy akademiese vordering beïnvloed.
“Die meeste van ons het probeer om toelating by die Universiteit van Namibië, veral die skool vir medisyne, te kry, maar ons is meegedeel dat ons moet wag totdat hierdie akademiese jaar verby is sodat ons kan aansoek doen en van voor af kan begin,” sê hy.
Hy het verder gesê hy was besig met die vyfde jaar van sy studies en om met ‘n ander kursus te begin, maak nie sin nie. Hy hoop om by Unam geplaas te word om sy studies te voltooi, en intussen doen hy sy kliniese prakties by die Katutura- intermediêre hospitaal.
Hierdie situasie verskil nie van ‘n ander anonieme student wat deur NSFAF gefinansier word en in sy finale jaar was nie, wat sê die meeste van hulle is verward en weet nie wat om volgende te doen nie.
Me. Dorthea Nangolo, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studentevereniging (Nanso), sê hulle werk aan die kwessie en kon nie ’n substantiewe antwoord gee nie.
Pogings om kommentaar van die ministerie van hoër onderwys te kry, was onsuksesvol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie