Staat wil leerlinge naby skole huisves

Kristien Kruger
Enzo Amuele – Vloedwater belemmer tans meer as 1 000 leerlinge se onderrig in die Ohangwenastreek.

Dit weens klasse wat opgeskort is aangesien dit moeilik is vir leerlinge en onderwysers om toegang tot skole te verkry.

Diè getal kan volgens die onderwysdirekteur in die streek, Isak Hamatwi, toeneem indien vloede in die streek voortduur.

Op navraag oor die onmiddellike plan wat die regering het in terme van die skole wat tans gesluit is en talle leerlinge wat benadeel word, het die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê die regering sal waarskynlik leerlinge naby die skole moet huisves.

Volgens Kuugongelwa-Amadhila het die regering reeds voorstelle ingedien wat nog gefinaliseer moet word.

Kuugongelwa-Amadhila het ook gesê planne vir die ligging van infrastruktuurprojekte, soos skole en ander instellings, moet ondersoek word.

“Ons moet verseker dat ons saamwerk om onsself beter voor te berei, sodat hierdie situasies nie in rampe ontaard nie,” het sy gesê.

Sy het verder kommer uitgespreek oor die maatskaplike en ekonomiese infrastruktuur en die vooruitsigte vir vanjaar se oes wat veronderstel was om goed te wees.

INWONDERS WIL NIE VERHUIS

Sommige inwoners wat deur die vloede geraak is, weier om van hul nedersettings te verskuif en sê hulle is bang dat hulle na leë huise sal terugkeer wanneer die vloedwater gesak het.

Rosalia Mwoongela, ’n inwoner van die informele nedersetting Onaminda, sê sy het al drie jaar die vloede beleef en het nog nooit verhuis nie.

“Ek is bang as ek my huis verlaat, sal my besittings gesteel word en dit beteken ek sal weer van vooraf moet begin,” het sy gesê.

Kuugongelwa-Amadhila het tydens ’n besoek aan een van die vier hervestigingspersele in die Ohangwenastreek, die gesinne gevra om die regering te help om ’n langtermyn-oplossing te vind, soos om na hoër gronde te skuif om sulke rampe te vermy.

Verder het die eerste minister die Namibiese polisie aangemoedig om die vloedgebiede gereeld te patrolleer om te verseker dat geen diefstal plaasvind nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!