San baat by inisiatief
Vyf sentrums vir vroeë kinderontwikkeling vir die San-gemeenskappe in die Tsumkwe-omgewing is die afgelope agt maande gebou.
Palms for Life Foundation en die Kirsh-stigting het die opdrag aan Akenu Developments gegee om die sentrums te bou.
Die San in Namibië word steeds benadeel en staar armoede en ’n gebrek aan onderrig en werksgeleenthede in die gesig.
“Die organisasie doen ongelooflike werk oraloor die land om San-gemeenskappe te ondersteun en te bemagtig deur onderwys, voedsel en drinkwater te verskaf,” het mnr. Samuel Akinin van Atenu Developments gesê.
Die maatskappy het onlangs die eerste sentrum naby Tsumkwe aan die plaaslike gemeenskap oorhandig.
Volgens hom was die San-gemeenskappe en hul hoofmanne by die ontwikkeling van die sentrums betrokke en van hulle is tans by volhoubare programme werksaam.
“Hierdie moderne infrastruktuur is ’n beduidende bydrae tot vroeë kinderontwikkeling,” het Akinin gesê.
Die partye wil dié inisiatief laat voortleef en in die toekoms op hierdie manier ook ander gemarginaliseerde gemeenskappe ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie