#PasIn: 586 vang Unam-graad op Rundu
Altesaam 586 studente het vanoggend tydens die amptelike gradeplegtigheid op die Universiteit van Namibië (Unam) se kampus in Rundu hul grade verwerf.
Die meerderheid van hulle – 66% - is vroue.
Volgens Unam se visekanselier, Kenneth Matengu, is dit 'n bron van kommer en moet daar aandag aan dié geslagswanbalans gegee word, aangesien dit tot sosiale onstabiliteit kan lei.
Die minister van hoër onderwys, tegnologie en innovasie, Itah Kandjii-Murangi, asook die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het ook by die geleentheid gepraat en die gegradueerdes aangemoedig om hul vaardighede en kennis te gebruik om 'n positiewe impak op die lewens van burgers te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie