PAS IN: Namdia kondig beursbegunstigdes aan
Die Namdia-stigting het vandag beurse aan 14 studente van regoor die land toegeken. Altesame 300 aansoeke is ontvang. Twee van die begunstigdes gaan in Suid-Afrika studeer, een in Zambië en die res gaan aan Namibiese universiteite studeer. Die beurse is toegeken op die gebied van mynbou-ingenieurswese, geologie, chemiese ingenieurswese, geneeskunde en chirurgie, siviele ingenieurswese, agronomie, veeartsenykunde, grafiekrekeningkunde en kragingenieurswese. - Junior Kapofi
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie