No Image Caption

PAS IN: MTC bou nóg skole

Elizabeth Joseph
MTC, deur sy skoleprojek vir die platteland, het N$3,2 miljoen bewillig om vanjaar klaskamers in drie streke te bou – Zambezi, Ohangwena en Hardap.

Die skole wat hierby gaan baat is, is Kahunikwa Primêre Skool, Onduludiya Gekombineerde Skool en Groendraai Primêre Skool.

Tot op hede het die MTC N$5 miljoen in dié projek belê, naamlik in Okondaunue Gekombineerde Skool (Kunene), Omatako Primêre Skool (Otjozondjupa), Zinzongoro Primêre Skool (Kavango West), Onaushe Gekombineerde Skool (Oshana) en Aussenker Primêre Skool (//Kharas).

MTC het die projek in 2020 van stapel gestuur.

Kommentaar

Republikein 2025-08-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer