PHOTO https://www.educatorsusa.org/education-in-namibia-and-project-based-learning-potential/

NSSCO-, NSSCAS-uitslae 13 Januarie vrygestel

Elizabeth Kheibes
Die uitslae van die 2025 Oktober/November Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone (NSSCO) en Gevorderde Vlak-(NSSCAS) nasionale eksamens word amptelik op Dinsdag 13 Januarie 2026 vrygestel.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, Erastus Haitengela is die nasien- en verwerkingsfases voltooi. Die uitslae vir beide voltydse en deeltydse kandidate sal amptelik om 10:00 by die Government Office Park-ouditorium in Lutherstraat in Windhoek aangekondig word.

Volgens Haitengela sal kandidate kort na die aankondiging elektronies toegang tot hul uitslae hê. Die ministerie se webwerf en SMS-dienste is amptelik vanaf 12:15 op dieselfde dag aktief. Uitslae sal via die ministerie se webtuiste aanlyn beskikbaar wees, met kandidate wat hul met hul kandiaatnommer en geboortedatum toegang verkry.

Kandidate kan ook hul volledige kandidaatnommer per SMS na 99099 of per WhatsApp na 085 785 6231 stuur.

Kommentaar

Republikein 2025-12-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer