NSFAF takel kommer oor nuwe finansieringsbeleid
Bring wysigings onder die vergrootglas
NSFAF se nuwe finansieringsbeleid verwyder finansiële evaluering vir leningsaansoeke. Dié wysiging neem nie meer gesinsinkomste in ag wanneer lenings vir onderrigkostes aan kandidate toegeken word nie. Die besluit het kommer laat ontstaan dat studente uit finansieel benadeelde agtergronde lewensveranderende geleenthede kan misloop.
Die adjunkminister van hoër onderwys, tegnologie en innovasie, Nathalia /Gôagoses, het tydens die bekendstelling van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) se 2025- aanlyn leningsaansoeke op 14 Januarie ’n nuwe finansieringsbeleid vir dié instelling onthul.
Die hoogtepunte van dié beleid sluit in finansiering ná oorbruggingsprogramme, tweede kanse vir diegene wat ’n jaar gedruip het en die verwydering van inkomstetoetsing, wat gesinsinkomste vir aansoekers in ag geneem het.
GESINSINKOMSTE
Die verwydering van middeletoetsing (means-testing), wat lae-inkomste-aansoekers geïdentifiseer het, is deur /Gôagoses beskryf as ’n stap “om ware inklusiwiteit te verseker”.
Sy het verduidelik: “Die geskiktheid behoort nie in die toekoms op inkomstedrempels gebaseer te word nie.”
Die verwydering van middeletoetsing het egter kommer laat ontstaan dat hoë-inkomste-aansoekers finansiering kan ontvang in plaas van diegene wat dit die nodigste het – veral met vanjaar se beperkte begroting van N$3 miljard.
NSFAF se uitvoerende beampte verantwoordelik vir belangegroepverhoudings, Percy Tjahere, het verlede Donderdag lig op hierdie wysigings gewerp.
“Die nuwe stelsel verdeel finansiering in kategorieë, naamlik onderrig en nie-onderrig.”
Hy verduidelik gesinsinkomste sal nie vir die dekking van klasgelde in ag geneem word nie, aangesien NSFAF wil verseker dat elke Namibiër ’n kans het op toegang tot hoër onderwys.
“Die totale gesinsinkomste is nie noodwendig ’n goeie aanduiding van ’n student se toegang tot daardie inkomste nie,” brei Tjahere uit.
Hy gee die voorbeeld van ouers wat weer trou en nog kinders kry om te illustreer dat die gesinsinkomste dalk te hoog is om vir finansiering te kwalifiseer, maar weens ekstra koste is daar nie genoeg geld vir hoër onderwys beskikbaar nie.
Die president van die Namibië Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), Dorthea Nangolo, deel dié sentiment.
“Wat gebeur as jou pa ’n baie goeie salaris verdien, maar hy is nie in die prentjie nie?” het sy gevra.
“Op grond van die pa wat soveel verdien, word die kind ’n geleentheid om te studeer geweier,” het Nangolo voortgegaan.
Volgens haar sal dit meer billike geleenthede aan diegene bied wat dit nodig het.
Nangolo erken die stelstel kan in ’n mate misbruik word.
“Natuurlik is dit moontlik. Iemand wat regtig vir hul opleiding kan betaal, kan hierdie geleentheid misbruik,” erken sy.
Sy meen egter dis ’n risiko wat die moeite werd is om te loop as dit meer mense kan help om toegang tot hoër onderwys te kry.
“Gesinsinkomste sal egter vir nie-onderrigfinansiering oorweeg word,” gaan Tjahere voort.
“As die gesinsinkomste hoog is, of jy het ’n werk wat goed betaal, is dit onwaarskynlik dat jy vir nie-onderrigfinansiering sal kwalifiseer,” sê hy.
Dié finansiering is ’n klein bykomende betaling wat aan kandidate gegee word om die kandidate te help om hulself tydens hul studies te onderhou. Hierdie finansiering is hoe NSFAF beplan om te verseker dat finansieel benadeelde studente steeds die hulp ontvang wat hulle nodig het.
Tjahere sê oor die onderwerp van gesinsinkomste dat indien ’n student ’n hoë gesinsinkomste het, hulle die studielenings wat NSFAF aan hulle verskaf het, sal kan terugbetaal – wat beteken NSFAF sal daardie geld in die toekoms in ander kandidate kan belê.
TWEEDE KANSE
Nog ’n groot wysiging is dat NSFAF studente wat ’n jaar of modules gedruip het nou toelaat om weer vir ’n lening aansoek te doen. Voorheen is slegs een geleentheid gegee, en om ’n vak te druip, het beteken dat die student vir daardie modules uit hul eie sak moes betaal.
“Vroeër was dit dat ’n student die vierde jaar kon haal en een van hul modules druip. Dan moet hulle self daarvoor betaal. As hulle nie daardie geld het nie, kan hulle nie die kwalifikasie voltooi nie, want NSFAF sal hulle nie help nie,” sê Tjahere.
Die domino-effek hiervan was dat NSFAF reeds ’n lening aan hierdie student toegeken het, maar as gevolg van die vorige beleid waar die student net een kans kry, kan die student nie hul studies voltooi nie.
Hulle is ook minder geneig om werk sonder ’n graad te kry, volgens Tjahere, wat weer daartoe lei dat hulle nie hul skuld aan NSFAF kan terugbetaal nie en NSFAF sy hele belegging in hierdie student verloor.
“Om ’n tweede kans te gee, is om vertroue in ’n belegging te hê,” verduidelik Tjarere. “Soms het ’n student net nog ’n kans nodig om sukses te behaal, en dit is ons verantwoordelikheid om elke student in staat te stel om ’n graad te verwerf.”
Nanso het gepleit vir hierdie wysigings en is ten gunste daarvan.
Nangolo verduidelik baie min mense het ’n perfekte akademiese loopbaan.
“Een fout neem nie jou vermoë weg om die jaar te voltooi nie,” sê sy.
AANSOEKE IS OOP
NSFAF se aanlyn aansoeke is nou oop en sluit op 31 Maart.
/Gôagoses doen ’n beroep op elke student wat dalk hulp nodig het, om op die NSFAF-webwerf aansoek te doen.
“Ons doelwit is nog steeds om geleenthede te bied aan diegene wat dit die nodigste het,” sê Tjahere.
“Ons kon ongeveer 6 000 studente in 2010 help, en verlede jaar meer as 23 000, vanjaar beoog ons om nóg meer te help.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie