Die inisiatief fokus op kinders tussen drie en ses jaar oud. FOTO VERSKAF
Die inisiatief fokus op kinders tussen drie en ses jaar oud. FOTO VERSKAF

’n Prettige begin vir klein dromers

no subtitle
no intro
n/a

Elke kind verdien ’n goeie begin en dít begin lank voor graad 1. Ongelukkig word talle Namibiese kinders groot sonder toegang tot voorskoolse ontwikkeling, wat beteken dat hulle reeds agter is as grootskool begin. Dit is presies waar die Namibia Little Learners-inisiatief ’n verskil maak.

Die inisiatief fokus op kinders tussen drie en ses jaar oud en help hulle om belangrike vaardighede soos tel, koördinasie, denkvermoë en handvaardigheid spelenderwys aan te leer en te ontwikkel.

Met die Class out of a Box-program kry die kinders leerbokse vol prettige aktiwiteite wat enige plek gebruik kan word, of dit nou in ’n sitkamer, ’n informele dagsorgsentrum of selfs onder ’n boom is. Versorgers word ook opgelei om leer deel van elke dag te maak.

Met die ondersteuning van skenkers en die Light for the Children-stigting help dié inisiatief om hoop te bou, selfvertroue te kweek en jong kinders met ’n glimlag voor te berei vir hul skoolreis. 

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-03-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer