Musikale leesprogram kweek jong boekwurms
Buig die boompie terwyl hy jonk is
Ouers en opvoedkundiges krap steeds kop oor hoe om 'n voorliefde vir lees by kinders te kweek.
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is tans besig om die leesprogram “Rinkink terwyl jy dink” in Namibië van stapel te stuur.
Me. Leandré Steyn van Suid-Afrika het dié musiekleerprogram tydens Covid-inperkings ontwikkel.
Steyn sê ’n inklusiewe benadering tot opvoeding is van kardinale belang en dit is juis wat die Rinkink-program so doeltreffend maak.
“Ek het navorsing oor die verskillende leerstyle gedoen en hoe kinders leer; daar is meer as 34 leerstyle. Ek het op die belangrikste vier leerstyle vir kinders op grondslagfase gefokus,” sê Steyn.
Dit is die visuele, ouditiewe, verbale en kinestetiese leerstyle.
Mnr. Marco van den Berg, die Noordwes, Kalahari en Namibië se ATKV-verteenwoordiger, sê dié program het groot potensiaal onder toetsgroepe getoon.
“Die kinders hou net aan om aan te sluit. In die afgelope vier maande – net in die Upington-omgewing – het ongeveer 5 000 kinders dié program voltooi. Dit maak my opgewonde, want ek weet daar is nou 5 000 kinders wat kan lees,” sê hy.
Leerlinge wat aan dié program deelneem se leesbegrip word na die voltooiing van die program getoets. Dit om te verseker dat hulle by die program gebaat het.
“Ons kinders sukkel met lees”
Me. Mariana Botma het die afgelope 15 jaar haar aan onderwys toegewy en was voorheen ’n inspektrise vir die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso). Sy gee tans skool by Elnatan Privaatskool op Stampriet.
Botma sê die leesprobleem in Namibië is buite beheer en onderwysers sowel as ouers sit met hul hande in hul hare.
“Ek dink die groot probleem is tegnologie. Ouers het nou al so gewoond daaraan geraak om kinders voor die TV tuis te maak. Ek verstaan, ons werk voltyds en as jy by die huis kom, het jy nie meer energie vir alles nie, maar as ouers net die gebruik van tegnologie verminder, sal dit al ’n verskil maak. ’n Uur se tegnologie per dag is meer as genoeg,” sê sy.
Botma glo dat sommige argumente net nie gewen kan word nie.
“Sommige kinders hou eenvoudig net nie van lees nie. Dié kinders sal hulself moet motiveer. Daar is wel kinders wat dit ontgroei, maar ek dink ons moet van kleintyd af lees afdwing – ons moet op ’n forseerstadium kom,” sê sy.
Botma sê ouers moet aktief tot lees bydra en die moeite doen om leesbegrip van kleintyd af te bevorder.
“Ouers dink as kinders net self lees dan is dit genoeg, maar talle kinders verstaan nie wat hulle lees nie. Party kinders kan vlot lees, maar het nie begrip vir wat hulle lees nie. As ’n ouer ’n paragraaf saam met sy kind lees en twee vragies vra, en andersom, lê dit leesbegrip vas,” sê sy.
Om ’n kind se woordeskat op te bou, is die ouers se verantwoordelikheid, hoewel dit makliker gesê as gedaan is, volgens Botma.
“Ek doen dit self. Ons meng ons taal baie, en ons gebruik nie in Afrikaans noodwendig ’n goeie woordeskat nie. Leerlinge se woordeskat is dus gebrekkig. As ons as ouers en onderwysers meer korrek praat en ook verskillende woorde in ons daaglikse kommunikasie gebruik, sal leerlinge se begrip ook verbeter,” sê sy. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie