KSS se skoolsaalprojek goed op dreef

Maak voorsiening vir toekomstige leiers
Die tweede fase van 'n skoolsaalprojek is onlangs by Kuisebmond Sekondêre Skool op Walvisbaai van stapel gestuur.
Michelline Nawatises
Die tweede fase van ’n skoolsaalprojek by die Kuisebmond Sekondêre Skool (KSS) op Walvisbaai het onlangs afgeskop.

Die hoofdoel van die saal wat teen ’n koste van N$4,9 miljoen opgerig word, is om die hele Erongostreek te bevorder.

Die skool het reeds in 2012 met die konstruksie van 'n veeldoelige skoolsaal begin wat skool- sowel as gemeenskapsaktiwiteite kan akkommodeer.

Dié aktiwiteite sluit Namcol-klasse, die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) se deeltydse Saterdagklasse en ook geletterdheidsaandklasse vir volwassenes in.

Benjamin Nangombe, Erongo RED se beampte vir openbare betrekkinge en bemarking, het in 'n toespraak wat gelewer is namens die uitvoerende hoof, Fessor Mbango, benadruk dat Erongo RED se vennootskap met Kuisebmond Sekondêre Skool reeds 'n paar jaar terug dateer.

“Ons het in die verlede saam aan verskeie projekte gewerk omdat ons passievol oor onderwys is. Dit is een van ons hoofborgskapgebiede. Om deel van die skoolsaalprojek te wees, glo ons ons bou 'n sterk fondasie vir 'n beter Namibië.”

Die skool het Erongo RED genader om met die projek te help en dié kragverspreider het nie teleurgestel nie.

“Die aanvanklike bedrag van N$200 000 is reeds verskaf en ons hoop om die volgende bedrag vroeg in Julie of Augustus vanjaar vry te stel.”

Frans Kapofi, waarnemende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, het gesê die Erongostreek en die land in geheel is stadig maar seker besig om te ontwikkel.

“Die Namibiese ekonomie moet in 'n kennisgebaseerde ekonomie omskep word. Die nasie moet geïndustrialiseer word en om dít te bereik, is onderwys die regte werktuig. Ons kan die ekonomie omskep en uitbrei deur gehalte-onderrig aan môre se volwassenes te voorsien."

Kapofi het gesê dis die rede waarom die ministerie van onderwys, kuns en kultuur verskeie opvoedkundige programme van stapel gestuur het om die huidige stand van onderwys te verbeter.

Hy sê dis betreurenswaardig dat die direktoraat se finansiële hulpbronne nie in staat is om aan al die behoeftes van skole in die streek te voorsien nie.

“Daarom word daar op die vennootskap en ondersteuning van ander instellings in die private sektor staatgemaak.”

Die goewerneur van die Erongostreek, Neville Andre, 'n oudleerling van KSS en beskermheer van die skool, het gesê hy voel geëerd om deel van dié inisiatief te wees.

“Hierdie infrastruktuur gee my vertroue dat leerlinge die geleentheid gegun sal word om in 'n goedgeboude, beskermde infrastruktuur te vergader teen die harde toestande van Walvisbaai. Die voltooiing van dié projek sal nie net waarde tot algehele onderrig toevoeg nie, maar gaan ook die gemeenskap op Walvisbaai bevorder.”

Jonathan Mashawu, die skoolhoof, het benadruk die betrokkenheid van verskeie partye by die konstruksie van die skoolsaal sedert die begin van die projek, is nie net 'n inspirasie is nie, maar gee ook hoop om aan te hou ten spyte van vele uitdagings.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%