JP Brand
JP Brand

Inenting by JP Brand "deel van normale inentingsprogram"

Henriette Lamprecht
Die waarnemende inspekteur van onderwys vir die Erongostreek, mnr. Joseph Marthin, sê die vergadering gisteraand tussen ouers en voogde van leerlinge verbonde aan die primêre skool JP Brand en beamptes van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, sowel as van gesondheid en maatskaplike dienste, was "baie produktief en het in 'n kalm atmosfeer" plaasgevind. Die vergadering is belê nadat twee ouers van twee sesjarige leerlinge die hulp van 'n prokureursfirma ingeroep het, nadat hulle by die skool sonder hul ouers se toestemming ingeënt is.

Marthin het dit as 'n "waninterpretasie van feite" beskryf en gesê die intentings is deel van die normale inentingsprogram wat deur die ministerie van gesondheid aan kinders van sekere ouderdomme onderskryf word. Volgens hom word ouers gewoonlik vooraf ingelig dat beamptes van die ministerie die skool hiervoor sal besoek, iets wat in dié geval nie gebeur het nie.

"Niemand het kwaad uitgestap nie. Ons het gesit en daaroor gepraat en alle partye was tevrede."

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer