Foto ter illustrasie. FOTO ARGIEF
Foto ter illustrasie. FOTO ARGIEF

Buitelander hoofverdagte in vraestel-skandaal

Ministerie stel Braille-kundige aan
Al die vakke se vraestelle is aan die hoofverdagte tydens die brailleproses openbaar gemaak.
Henriette Lamprecht
Die hoofverdagte in die uitlek van vraestelle vir graad 11’s en 12’s verlede jaar is ’n buitelandse kundige in brailleskrif.

Dit het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur miljoene Namibiese dollar gekos om die eksamens noodgedwonge na die begin van vanjaar te verskuif.

Die ministerie het die verdagte aangestel om die betrokke vraestelle in brailleskrif om te skakel. Die vraestelle was vir gesiggestremde kandidate bestem.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het in die Nasionale Vergadering (NV) gesê die persoon is saam met nog twee verdagtes in Windhoek in aanhouding.

Drie strafregtelike klagte, twee in Ongwediva en een in Ondangwa, is aanhangig gemaak ná die diefstal. Teen 1 Desember is 10 verdagtes in hegtenis geneem waarvan agt op borgtog vrygelaat is, terwyl twee (buitelanders) in aanhouding bly.

Nog ’n buitelander wat met die diefstal verbind word, het intussen spoorloos verdwyn. In ’n verdere deurbraak is nog ’n Namibiër vasgetrek wat tans in aanhouding is.

“Almal wat tans in aanhouding is, het reeds in die hof verskyn en is borgtog geweier. Weens die voortgesette polisieondersoeke kan die ministerie nie meer inligting verskaf nie, omdat dit die ondersoek kan belemmer,” het Nghipondoka gesê.

In ’n poging om die integriteit van die kwalifikasies te beskerm, is besluit om die eksamens vir graad 11 en graad 12 (AS) vanjaar te herhaal.

Vir graad 12 gewone vlak is vyf vakke oorgeskryf, en 10 vakke se vraestelle vir graad 11 gewone vlak. Die herskryf van vraestelle was ten spyte daarvan dat bewyse van die uitlek van vraestelle tydens ’n ondersoek net by drie graad 12- en een graad 11-vak gevind kon word.

“Omdat al die vakke se vraestelle aan die hoofverdagte tydens die brailleproses openbaar gemaak is, het ons in samewerking met ons akkreditasievennoot, Cambridge Assessment International Education, besluit dit moet alles herskryf word,” het die minister gesê.

Nghipondoka het verduidelik die direktoraat vir nasionale eksamens en evaluering stel vraestelle twee jaar vooruit op. Daarom was reserwevraestelle reeds beskikbaar en moes dit net gedruk word.

Skole het ook vroeër gesluit om streke te help om voor te berei vir die voortsetting van die nasionale eksamens in die huidige skooljaar. Die hervatting van klasse vir gevorderde vlak (AS)-kandidate is ook uitgestel tot ná die vrystelling van die gewone vlak uitslae môre.

Die besluit om die hervatting van klasse vir vanjaar se graad 11-leerlinge tot 24 Januarie uit te stel, is volgens die minister geneem om te verseker skole het eksamenlokale beskikbaar en ook om ruimte in koshuise beskikbaar te stel vir graad 11 gewone vlak-kandidate wat hier gehuisves moet word.

Nghipondoka het weer eens die versekering gegee die integriteit van die eksamens en kwalifikasies is geensins in gedrang nie.

Volgens haar sal die ministerie verseker dat die bestaande veiligheids- en beheermaatreëls verbeter en noukeurig gevolg word.

Sy het verwys na die reusetaak wat die aanstelling van personeel met “uitstaande waardes en integriteit” vereis.

Die ministerie gaan nou ’n ontleding van gapings in beheermaatreëls doen, terwyl ’n evaluering van die risiko’s ook gedoen is om dié gapings te sluit.

Die minister het gemaan dis ’n strafregtelike oortreding en ’n oortreding van die onderwyswet om vraestelle te steel en vertroulike inligting met betrekking tot nasionale eksamens met ’n ander party te deel. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 386.13/OZ UP +1.28% | Copper US$ 4.89/lb UP +0.17% | Zinc US$ 2 996.80/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.27/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 067.37/OZ UP +2.26% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 386.13/OZ UP +1.28% | Copper US$ 4.89/lb UP +0.17% | Zinc US$ 2 996.80/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.27/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 067.37/OZ UP +2.26%