Water vir Garub se perde
Danksy ’n nuwe boorgat het die wilde perde van die Suide en die groot aantal wild, wat gemsbokke tot volstruise insluit, weer water.
Tans is die toekoms van dié grasieuse perde rooskleurig en het hulle ’n beter oorlewingsyfer met tien vullens wat vanjaar grootliks danksy goeie weiding en beter ouerskap oorleef het.
Sowat 70 perde is tans by Garub waar die Garub 2-watervoorsieningsprojek voldoende water verskaf aan die groot aantal wildlewe wat in die gebied inbeweeg het. Die goeie buie wat in die omgewing geval het, het gesorg vir uitstekende weiding en gras, wat meegebring het dat meer as 500 gemsbokke en troppe volstruise ook nou hier kom water drink.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme kon nie die watergat vol hou deur water aan te ry nie en dit het veroorsaak dat die perde en ander wild soms dae lank sonder water was.
Die ou boorgat kon net sowat 3 500 liter water per dag pomp wat nie genoeg was vir die groot aantal wild en die perde nie en met die versengende hitte het die behoefte aan water ook beduidend toegeneem.
Die Pupkewitz-stigting het die inspeksie van die ou boorgat gefinansier. Daar is egter gevind dat die boorgat glad nie herstelbaar was nie.
’n Nuwe waterbron is gevind en die stigting het gevolglik geld ingesamel om ’n nuwe boorgat by Garub 2 te boor en ook infrastruktuur te installeer om water aan die watergat te verskaf. Danksy dié skenkings en die vinnige reaksie van Samill Drilling kon ’n nuwe waterbron geskep word wat die druk op die watergat by die uitkykpunt verlig het weens die invloei van ’n groot aantal wild.
Die nuwe boorgat het nou ook ’n polivinielchloried (PVC)-omhulsel wat sal help voorkom dat dit weer ineenstort.
Die omgewingsministerie se bestuursplan het nie voorsiening gemaak vir die vervanging van noodsaaklike infrastruktuur in die park soos watervoorsiening nie en het gevolglik ’n versoek aan die stigting gerig om die stukkende historiese trog by Garub 1 te herstel. Dié projek is in 2022 teen ’n koste van N$148 000 voltooi.
VERKEER ’N BEDREIGING
Die grootste bedreiging nou vir die perde is die swaar verkeer en veral vragmotors op die besige Aus-Lüderitz-hoofweg.
Motoriste word gemaan om veral in die aand versigtig en stadig op die pad te ry en op die uitkyk te wees vir die perde wat gereeld langs die pad wei.
Die publiek word ook gevra om nie die perde te voer nie, want dit moedig die diere aan om langs die pad te staan waar veral vragmotors hulle kan tref en doodry.
THE NAMIB’S
Die Namibia Wild Horses Foundation staan voortaan as The Namib’s bekend en het ook ’n nuwe Facebookblad www.facebook.com/thenamibs/ met hope inligting en die mooiste foto’s van dié grasieuse diere of stuur ’n e-pos na [email protected].
Vir enige skenkings om die oorlewing van dié Namibiese skat te waarborg, is die bankbesonderhede soos volg:
Namibia Wild Horses Foundation
First National Bank
Takkode: 281479
Spaarrekening no.: 622 466 59489
Swift: FIRNNANX.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie