Verskeie bewaringsgebiede glo gekant teen tinmyn
‘Leë beloftes van werkskepping’
Die meerderheid lede van die bewaringsgebiede is na bewering gekant teen mynbou in gebiede van hoëwaarde-toerisme en -wildlewe.
Die bewaringsgebiede van Ûibasen Twyfelfontein en Doro !Nawas ontken ten sterkste bewerings van wydverspreide ondersteuning aan die Goantagab-tinmyn by Khorixas.
Dit volg na bewerings in plaaslike mediaberigte dat die plaaslike gemeenskap die mynbedrywighede in die Sorris Sorris-bewaringsgebied ondersteun.
“Die bewering dat Ultimate Safaris die myn onafhanklik teenstaan, is verkeerd. Teenkanting teen die myn is ’n gesamentlike poging deur die bewaringsgebiede van Ûibasen Twyfelfontein en Doro !Nawas, die ≠Aodoman Tradisionele Owerheid en Ultimate Safaris, wat hulle tot die hoërhof gewend het,” lui ’n mediaverklaring van Ûibasen Twyfelfontein.
“Die bewering van wydverspreide steun vir die myn is misleidend. Die meerderheid van ons lede is gekant teen mynbou in gebiede van hoëwaarde-toerisme en -wildlewe.”
Die bewaringsgebied wys vinger na die impak van mynbou op toerisme en natuurlewe en meen die omgewingsimpakstudie en die kantoor van die omgewingskommissaris het nie daarin geslaag om die gevolge van mynbou in sensitiewe gebiede op die wildlewe en die toerismebedrywighede wat van daardie wild afhanklik is, voldoende aan te spreek nie.
“Bewyse van die Huab-bewaringsbied toon dat mynbedrywighede renosterbevolkings verplaas het, asook toerisme vernietig het wat gelei het tot werk- en inkomsteverliese.
“Geen mynbou-onderneming binne ons bewaringsgebied het beloftes nagekom nie, wat bewerings van naasbestaan weerspreek.”
Ûibasen Twyfelfontein bevestig ook die ondervoorsitter van die Sorris Sorris-bewaringsgebied, Rhodella Eichas, wat glo ten gunste van die myn is, het nie ’n wettige mandaat van haar bewaringsgebied om op te tree of namens die breër gemeenskap te praat nie.
“Die verdelende taktiek van mynbouvoorstanders het die bewaringsgebeid se leierskap verder gefragmenteer en interne onenigheid geskep. Dit beklemtoon die mynbouvoorstanders se ontwrigtende benadering,” lui die verklaring.
Verder word die myn se leeftyd ook bevraagteken.
“Bewerings van ’n mynleeftyd van 50 jaar is onverantwoordelik en misleidend in wisselvallige kommoditeitsmarkte. Huidige myneise verleen ’n termyn van net drie jaar, met geen waarborge buite hierdie tydperk nie.
“Om voor te stel dat die graad erts beter is as dié wat deur Andrada by Uis ontgin word, is eenvoudig nie waar nie, en dit sal vir Andrada van belang wees om standpunt hieroor in te neem.”
Ûibasen Twyfelfontein sê daar is ook ’n gebrek aan belegging van die Goantagab-myn.
“Die mynbouvoorstanders het geen sinvolle beleggings in kommunale grond of plaaslike ontwikkeling gemaak nie. Ten spyte van operasionele aktiwiteite sedert Augustus 2024, is daar geen bewyse van betekenisvolle belegging in gemeenskappe nie.
“Basiese behoeftes, soos die boor van boorgate vir myndoeleindes, bly onbevredig, en ontginde hulpbronne word uit die omgewing vervoer sonder plaaslike voordeel, buiten leë beloftes van werksgeleenthede.”
ONWETTIGE WATERONTGINNING
Die myn word ook van onwettige waterontginning beskuldig.
Ûibasen Twyfelfontein sê die myn onttrek water onwettig uit ’n gemeenskapsboorgat sonder die nodige permitte, wat wateronsekerheid vir kwesbare gemeenskappe vererger.
Die Goantagab-myn word ook van “brutale” minagting van die hof en die gemeenskap se belange beskuldig en volgens die bewaringsgebied oortree mynbouvoorstanders ’n hoërhofbevel deur voort te gaan met mynboubedrywighede.
Wat beloftes van 150 werksgeleenthede betref, sê Ûibasen Twyfelfontein dit bly leë beloftes: “Ondanks bewerings van massa-indiensneming, bestaan geen wetlik bindende verpligtinge vir plaaslike werksgeleenthede, inkomsteverdeling of gemeenskapsontwikkeling nie. Dit bly leë beloftes.”
Volgens die verklaring is beskuldigings dat Ultimate Safaris gekant is teen ontwikkeling ongegrond en misleidend.
“Ultimate Safaris is al meer as agt jaar ’n betroubare en etiese vennoot van bewaringsgebiede, wat volhoubare ontwikkeling en voordele vir gemeenskappe ondersteun.
“Volhoubare bedrywighede wat duisende bevoordeel, moet nie deur onvolhoubare mynbouprojekte vervang word nie.”
Volgens die bewaringsgebiede word 15 000 lede deur die toerismemaatskappy Ultimate Safaris ondersteun.
“Ons bly daartoe verbind om die belange van ons lede en die volhoubaarheid van hul lewensbestaan te beskerm,” sluit die verklaring af.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie