Veldvalentyn
Die Botaniese Vereniging nooi alle geliefdes en verliefdes om op Valentynsdag op 14 Februarie die Nasionale Botaniese tuin te besoek vir 'n (romantiese) staptog om met die hulp van gidse te soek na plante met hartvorminge blare soos die Oxalis purpuroscens (foto) met sy delikate pers of pienk blomme. Die spesiale tuin is geleë in Orbanstraat 8, oorkant WHS se sportvelde. Die tyd is van 08:00 tot 10:45 en verversings is beskikbaar. Toegang is N$30 per persoon, met ook boeke wat te koop sal wees. Lede en kinders onder 16 se toegang is gratis.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie