Twee weeskalfies se pad loop saam

Rhino Momma Project is hemel op aarde vir renosterkalfies
Skoolprojek lei tot twaalf jaar van bewaring
Tanja Bause
Die Rhino Momma Project in Namibië het vanjaar binne een maand twee weesbaba-renosters gekry wat hulle nou met die hand moet grootmaak.

Beide die kalfies is deur hul moeders verwerp en benodig nou melk, glukose of probiotika om hul krag op te bou, asook liefde en warmte om gesond en sterk te word.

VENASHA

Die jongste van die twee is Venasha. Op 22 Junie het Wildlife Vets Namibia se dr. Ulf Tubesing en sy assistent Mariska Bijsterbosch die oproep gekry dat ’n dagoud renosterkalfie alleen in die veld gekry is. Haar ma het ’n twee maande oue kalf aangeneem en vir Venasha verstoot.

Volgens Ulf het hulle die ma verdoof en die kalfie terug na haar geneem.

“Die kalfie het onmiddellik aan haar ma begin drink. Ons het haar toe met vaginale afskeiding besmeer sodat sy vir die ma bekend sal ruik. Die ma het wakker geword en hulle twee het saam weggeloop.

“Ons het gesien hoe die kalfie menige maal by haar ma gedrink het. Ons het gedink alles is terug na normaal, maar ons het ons misgis.”

Die volgende dag het hulle weer op die kalfie alleen in die veld afgekom.

“Ons weet nie hoekom die ma nie die kalf wil hê nie. Die kalf was baie koud, gedehidreer en swak. Ons moes optree en die kalf verwyder. Omdat dit al baie laat in die namiddag was, het ons besluit om haar eers te stabiliseer. Ons het haar aan ’n drup gesit en haar oornag in ’n warm vertrek gehou. Haar temperatuur was 31.1 grade, wat besonders laag is.”

Gedurende die nag het haar temperatuur algaande begin normaliseer en het sy melk uit die bottel begin drink. Ná elke bottel het sy weer diep ingesluimer.

“Met die steun van ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is ’n noodreisdokument vir haar uitgereik sodat sy na die Rhino Momma Project verskuif kon word. Daar sal sy voorgestel word aan Lilly, wat ’n paar dae voor haar by die projek aangekom het.”

Jaco Muller van die Rhino Momma Project sê: “Gister het ons die aankoms van ons nuutste weeskind by die Rhino Momma-projek aangekondig. Die jong wyfie was baie gelukkig dat sy gevind is – én deur wie sy gevind was.

“Ter ere aan die man wat haar gevind en gered het, word sy nou Venasha genoem. Die man, eintlik genaamd Vernascho, se naam is soortgelyk aan die woord ‘vernasha’ wat beteken ‘Ek het iets nodig’ in Oshiwambo. Hierdie naam pas perfek en klein Venasha gee dit soveel meer betekenis.”

LILLYBETH

Op 10 Junie is renosterkalfie erg gedehidreer saam met haar ouer sussie en sonder haar ma in die veld gevind.

Juliette Erdtsieck van die Rhino Momma Project het die klein kalfie en ’n renosterkoei van sowat twee jaar by ’n waterput opgemerk.

Juliette, wat al sewe jaar met die renosters werk, het onmiddellik vir Jaco Muller ontbied.

“Ek was geskok en het dadelik aangeneem die ma is gestroop, of is aan natuurlike oorsake dood. In die 11 jaar wat ek met renosters boer, het dit nog nooit gebeur dat ’n ma haar kalfie net so alleen los nie. Ek was oortuig ons soek ’n karkas,” het Muller vertel.

Muller het met sy girokopter oor die 1 600 hektaar kamp gevlieg en die ma of ’n karkas gesoek.

“Ek kon niks sien nie. Ons het toe besluit om na al die koeie te soek wat ’n kalf van so twee jaar oud het. Al die renosters se ore is gemerk sodat ons hulle kan uitken. Wat normaalweg gebeur, is wanneer ’n koei kalf, jaag sy die ouer kalf weg. Dié kalf is gewoonlik ongeveer twee jaar oud.”

“Ons het die ma gekry, maar daar was geen kalf by haar nie, net ’n volwasse bul. Ons vermoed die bul het tussen die ma en die kalwers gekom en hulle verjaag. Hy probeer nou om haar in sy gebied te hou. Die kalwers het toe van hul ma af weggedwaal.

“Ons sien nie ons renosters elke dag nie, aangesien hulle vry in die veld loop. Dus weet ons nie hoe lank die kalfie sonder melk was nie.”

Een opsie was om beide die kalf en die ma te verdoof en na ’n kamp van 16 hektaar te verskuif. Die kamp is egter bebos en beide die renosters sal nie noodwendig ná die verdowing saam wakker word nie. Die kommer was groot dat die een wat eerste wakker word, weghardloop en dat hulle mekaar dan nie weer sal vind nie.

“Ons het vermoed die kalfie sal nie nog ’n nag sonder melk in die koue oorleef nie. Ons het besluit om net die kalf te verdoof en met die hand groot te maak. Ons wou nie die risiko vat nie.

“Ons het vir haar ’n snoesige bed gemaak met warm ligte en sy kry elke twee ure haar melk. Sy het reeds gepiepie, maar haar magie het nog nie gegaan nie, wat ons in dié stadium nog bietjie bekommer. Sy het Dinsdag ook haar eerste tree buite gegee. In die algemeen is ons tevrede en dit gaan goed met haar.”

“Ons het gedink om koningin Elizabeth se platinum-jubileum – haar 70ste jaar op die troon – te vier en het navorsing gedoen. Ons navorsing het gewys die koningin kon nie haar naam toe sy klein was, uitspreek nie en na haarself as Lillybeth verwys. Die kalfie se naam is dus Lillybeth, maar ons noem haar net Lilly.”

KABOUTERS

“Dit gaan baie goed met beide die kalfies. Lilly is die hardkoppige ene. Sy wil altyd haar eie roete vat en aan alles kou wat sy nie moet nie. Venasha is onderdanig aan haar omdat sy bietjie kleiner en jonger is. So sy volg en na-aap vir Lilly en vir my,” het Jaco gesê.

Jaco het ’n spesiale band met Lilly.

“Ek het in die begin baie tyd met haar bestee toe Juliette moes rus. Sy het vir twee maande by eers Lilly en toe Venasha geslaap en elke twee ure vir hulle bottel gegee. Ek het met hulle, maar veral met Lilly gaan stap en alleen tyd met hulle in die veld spandeer.”

Volgens Jaco kan ’n mens nie help om ongelooflik geheg en lief vir hulle te word nie.

“Lilly is ’n klein rabbedoe en sy wil soos ’n tiener altyd die perke toets. Venasha is veel sagter van geaardheid en sy volg makliker as Lilly, maar hulle is beide uniek en spesiaal.”

Die Rhino Momma Project het oor die afgelope twaalf jaar vyf weesrenosters met die hand grootgemaak.

“Ons maak hulle slegs só groot as daar geen ander opsie is nie. Hulle word stelselmatig van menslike kontak gespeen. Ons is net nou met hulle betrokke wanneer hulle bottel kry en baie klein is, dan kry hulle ’n maatjie wat gewoonlik ’n skaap of donkie is. Hulle vorm ’n band en doen alled saam.

“Sodra hulle 12 maande oud is, word hulle in ’n kamp gesit waar hulle met ander renosters van hul ouderdom rondloop sodat hulle ’n band kan vorm. Tussen 16 tot 18 maande word hulle weer heeltemal vrygelaat om soos wilde renosters te leef en te teel sonder menslike kontak.”

FANIE

Die man wat vir Juliette help om na die kalfies te kyk, is weens die moontlike gevare wat renosterbewaring en stropers inhou, slegs as Fanie bekend.

“Juliette is die een wat alles rondom die tweetjies doen. Sy meng die melk en gee die bottels ensovoorts. Fanie is haar regterhand wat na hulle kyk wanneer sy ’n ruskans nodig het en vat. Fanie doen uitstekende werk en hy is baie lief vir beide die kalfies.”

Fanie is nou al vyf jaar by die projek betrokke, maar hy het twee jaar gelede begin om nou saam met die renosters te werk.

“Wanneer ek saam met Fanie en die twee kalfies in die veld gaan stap, sien ek hoe hy sy werk geniet en watter spesiale plek hulle in sy hart het.”

RHINO MOMMA PROJECT

Die projek is 12 jaar gelede deur Jaco Muller en sy seun, Tristan, begin.

Tristan het ’n skoolprojek oor renosters en hul horings gedoen en die familie het besluit om renosters op hul plaas te hervestig. Hoe meer Jaco van die diere geleer het, hoe meer het hy op die besonderse spesie verlief geraak. Deur dié passie is die familieplaas in ’n organisasie ontwikkel wat renosters bewaar.

“Elke renoster wat ons kan red, is vir ons ongelooflik belangrik. Ons missie en visie was nog altyd en is steeds om renosters te bewaar.”

Die eerste weeskalf wat die projek ingekry het, was Boet, wie se ma vermoedelik aan ’n besering gevrek het.

“Ons kry ook kalfies wie se ma’s deur stropers doodgemaak is. Hulle is die meerderheid; sonder stropery sou ons baie min kalfies moes grootmaak.”

Volgens Jaco is die hoofdoelwit van Rhino Momma om Namibië en Afrika se renosterbevolking te vergroot.

“Ons het al renosters na Angola en die DRK uitgevoer. Die probleem is egter dat dit tans weens die toename in stropery baie geld kos om die diere veilig te hou. Ongelukkig is renosters op die oomblik dood veel meer werd as lewend,” het hy gesê.

“Ons sit nie al ons eiers in een mandjie nie en het al renosters na die Verenigde State van Amerika uitgevoer. Hulle vaar ongelooflik goed daar en word goed opgepas. Die man in die VSA het reeds elke renosterspesie in sy besit en hy is ewe toegewyd om hul genetika en al die spesies vir toekomstige geslagte te bewaar.”

Jaco sê die Rhino Momma Project het as sy seun se skooltaak begin, toe het dit van ’n droom na ’n passie en amper in ’n obsessie ontwikkel.

“Ons as gesin en ons hele span sal alles in ons vermoë doen om hierdie spesie van uitwissing te red. Hierdie diere is en sal ons alles bly en ek beskou hul bewaring as my persoonlike lotsbestemming.”

MELK

Nadat Lilly en Venasha beide in Junie by die projek aangekom het, het mense van oraloor die land begin om melk te skenk.

“Die melk wat vir dié tydperk per kalfie benodig gaan word, sal N$180 000 kos en dit sluit nie die glukose of probiotika in wat in die melk gemeng word nie.

“Ons sal so 400 kilogram glukose nodig hê. Saam met dit sal die koste tot meer as N$200 000 styg. Wanneer jy die arbeid bytel, word dit sowat N$500 000 om een kalf groot te maak tot op 18 maande, wanneer sy self kan begin eet.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir elke liter melk wat ons ontvang het. Die mense van die land het ongelooflike oop hande en harte. Ons moet egter vir die SPAR kettingwinkel uitsonder met hul reuseskenking van 9 000 liter melk. Ons het op die oomblik genoeg melk vir minstens die eerste nege maande van die twee se 16 tot 18 maande voordat hulle gespeen word.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%