Tosco maan teen ongereguleerde toerisme
Toergids: Gebrek aan wild vir leeus
Ná die onlangse noodlottige aanval deur 'n leeuwyfie, word avontuurlustiges aangeraai om eerder by aangewese kampplekke, verkieslik onder die bestuur van gemeenskappe, te kampeer.
Die bewaringsorganisasie Tourism Supporting Conservation (Tosco) het ná twee aanvalle deur die woestynaangepaste leeuwyfie, Charlie, gesê die oorlewing van dié leeubevolking hang af van ’n delikate balans tussen wildlewe, gemeenskappe en toerisme.
Charlie het die lewe van die bekende sakeman Bernd Kebbel (59) op die Vrydagoggend van 30 Mei geëis en twee dae later ’n groep Suid-Afrikaanse toeriste in dieselfde omgewing in die Hoanibrivier aangeval, wat gelukkig nie beseer is nie.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het Charlie as ’n probleemdier verklaar en die bekende leeunavorser, dr. Philip Stander van die Woestynleeu-bewaringstrust het haar op Sondagoggend 1 Junie verdoof en uitgesit.
Hy het ’n geliefde leeuwyfie en in Kebbel ’n vriend en een van die trust se grootste ondersteuners verloor.
“Hierdie besluit volg op voortdurende monitering deur personeel van die ministerie, wat aan die lig gebring het dat die dier gewoond geraak het [aan mense] en ’n voortgesette bedreiging vir beide gemeenskapslede en toeriste inhou,” lui die ministerie se verklaring.
Tosco sê ’n omgewingsbewaarder het sy lewe verloor en ’n ikoniese leeuwyfie, ’n afstammeling van die legendariese Vanishing Kings, is van kant gemaak.
“Die woestynaangepaste leeubevolking simboliseer beide die skoonheid en die uitdagings van bewaring in hierdie streek.
“Hul oorlewing in een van die wêreld se moeilikste omgewings is buitengewoon, maar dit hang af van ’n delikate balans tussen wildlewe, gemeenskappe en toerisme,” sê Tosco.
‘ONGEREGULEERDE TOERISME’
“Hierdie tragedie is ’n pynlike herinnering aan hoe broos daardie balans is. Alhoewel hierdie spesifieke [Kebbel]-familie bande met bewaring gehad het, sien ons ’n breër tendens van ongereguleerde toerisme – insluitend kampering in die wildernis – wat beide mense en wildlewe in gevaar stel.”
Tosco maan dat leeus in tye van prooi-skaarste meer onvoorspelbaar kan word en groter risiko’s kan neem.
“Ons dring daarop aan dat reisigers by aangewese, verkieslik kampplekke onder die bestuur van gemeenskappe bly.”
Tosco meen hierdie kampplekke is steeds in die wildernis en boonop bied dit gemeenskappe ’n langtermyn-aansporing om leeus te beskerm.
“Dis ’n tragedie vir die betrokke familie, vir ons woestynaangepaste leeus, diegene wat hard werk om hulle te beskerm en vir Namibië se toerisme-nalatenskap.”
TWEEDE AANVAL
Chris Sandmann (48) van Namvic Tours and Safaris, is die toergids van 25 jaar van die tweede groep kampeerders wat omstreeks 03:15 op Sondag 1 Junie deur Charlie aangeval is.
Hy het aan Network Media Hub (NMH) gesê hulle het die vorige dag kamp in die Hoanibrivier opgeslaan en tydens ’n wildbesigtigingsrit by President se watergat drie natuurbewaarders raakgeloop wat die toergroep ingelig het dat daar ’n leeu-aanval was.
“Hulle het gesê ons moet versigtig wees, ’n man is aangeval, ernstig beseer en Windhoek toe gevat. Ek het nie eens geweet dit is Bernd Kebbel nie.
“Ons het gevra waar presies dit gebeur het, maar hulle wou nie sê nie. Ek het gesê dat ek altyd super-versigtig is. Ons het kamp opgeslaan so 10 km vanaf waar ek dink dit gebeur het,” het Sandmann gesê.
Hy is die een wat vroegoggend in net sy T-hemp en onderbroek vir die bruinhiëna-navorser Emsie Verwey by die Wilderness Hoanib Skeleton Coast Camp wakker geklop het om hulp vir sy Suid-Afrikaanse kampeerders te soek wat ’n nagmerrienag beleef het. (Kyk na die video by https://q.my.na/LPG3)
“Toe hoor ek eerste keer dis Bernd. As ek dit geweet het, het ek liewer met my kliënte na ’n ander kamp getrek.”
CHARLIE BRANDMAER
Teen dagbreek het die kampeerders die leeuwyfie net meters van hul kamp saam met ’n jonger leeumannetjie, OB, gesien.
Volgens Sandmann het hy al vir ’n baie lang tyd opgemerk Charlie en OB is baie maer.
“Charlie was maer en honger. Daar is nie meer wild vir die leeus om te vang nie. Sowat 15 tot 20 jaar terug het jy duisende wild in die omgewing gesien, nou het ons tydens ons hele safari net twee gemsbokke en een kameelperd gesien.
“Met die jag- en verkoopstelsel (shoot and sell) vir wild het ons op koeltrokke afgekom met 40 of 50 bergsebrakarkasse,” het Sandmann verduidelik.
Op die vraag of daar nie dalk oortoerisme (over-tourism) in die gebied plaasvind met mense en toeriste wat daagliks daar ry nie, het Sandmann geantwoord: “Nee, as daar nie toerisme was nie, was die leeus lankal al uitgeskiet of vergiftig. Daar is talle Namibiese toeroperateurs wat daar deurgaan en inkomste inbring. Toerisme is baie belangrik om die leeus te laat oorleef.”
*Kebbel se roudiens vind Saterdag om 15:00 by Out of Nature suid van Windhoek plaas. Die familie vra dat in plaas van blomme, skenkings liewer aan die Woestynleeu-bewaringstrust gemaak moet word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie