Swaar reën vir Suide, Ooste voorspel
Die eerste ligte lentereën het al geval en nóg is op pad. Op die plaas Anzio, 40 km wes van Otavi, is 4 mm uit die reënmeter gegooi, by Rusoord, 40 km suid van Otjinene, 2 mm met gepaardgaande swaar weer, en op Otjiwarongo 1 mm. By Summerdown het druppels geval. 'n Weerwaak is uitgereik met swaar reënval wat vir môre en Saterdag in die Suide en Ooste voorspel word met moontlike kitsvloede op plekke. Komien Walters het die nat pad naby Witvlei afgeneem.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie