Respekteer die natuur

Video maak wyd opslae
Elephant Human Relations Aid het wenke gedeel om die veiligheid van mense en diere te verseker.
Tanja Bause
’n Video van ’n trop woestynaangepaste olifante in die Ugabrivier het onlangs wyd opslae in die sosiale media gemaak.

Die video wys hoe ’n voertuig gevaarlik naby aan ’n olifantbul staan, terwyl ’n jong seun probeer om op die voertuig se dak te klim vanuit die bakkie se kappie. Die olifante het ’n sak met koeldrank verwoes.

In ’n ander video kan gesien word hoe die jongste kalf in die trop, Fiori, op die leer van ’n wildritvoertuig klim. Dit ondersteun die vermoede dat die olifante te gemaklik rondom voertuie is, wat kan lei tot probleemgedrag in die toekoms.

Die organisasie Elephant Human Relations Aid (EHRA) sê kommer is geopper oor die veiligheid van beide mense en olifante in die Kunene- en Erongostreek nadat die video geplaas is.

Die besturende direkteur van EHRA, Rachel Harris, het ook haar kommer uitgespreek.

“Die onlangse voorvalle in die Ugabrivier beklemtoon die behoefte aan opskerpte bewustheid en verantwoordelike gedrag wanneer mense naby woestynolifante is.

“Dit is van kardinale belang dat individue nie die diere nader nie, aangesien dit ֹ’n risiko vir hulle veiligheid inhou en die olifante se natuurlike gedrag beïnvloed,” het sy gesê.

“Ons verstaan die fassinasie met olifante. Dit is egter noodsaaklik om te onthou dat die olifante hul omgewing met landelike gemeenskappe deel. Enige gedragsverandering by die olifante wat deur mense veroorsaak word, kan ernstige gevolge op die diere se kans op oorlewing hê

“Verskeie olifante is in die verlede van kant gemaak omdat hulle te gemaklik geraak het rondom mense en toegang tot mense se kos gekry het. Ons het almal ’n reuse-verantwoordelikheid wanneer ons tyd in hulle gebied deurbring. Om dit in die toekoms te kan geniet moet ons vandag verantwoordelik optree,” sê Harris.

Drie bulle is in 2017 geskiet aangesien hulle té gewoond geraak het aan menskos wat hulle by kampeerplekke en vanuit voertuie gekry het.

Hulle gedrag het die lewens van die landelike gemeenskappe en kampeerders bedreig aangesien die bulle tente platgetrap en voertuie beskadig het om toegang tot kos te verkry. Dit het ook daartoe gelei dat die bulle die huise in die omgewing begin vernietig het op soek na kos. Die jonger diere het boonop die probleemgedrag begin aanleer.

Fiori is die eerste woestynkalf van die Ugabtrop wat sedert 2014 oorleef het. Meer as 12 kalwers is gebore en het kort daarna gevrek. Dit beklemtoon die kwesbaarheid van die olifante en die verantwoordelikheid wat besoekers het.

EHRA het wenke gedeel om die veiligheid van mense en diere te verseker.

“Moenie toelaat dat olifante toegang tot enige menskos kry nie en hulle moet nie gevoer word nie. Moenie vrugte of brood saam in die voertuig neem nie. Moenie nader as 20 meter van die olifante af ry nie. Hou ’n ontsnaproete vir jouself en die olifante oop. Moenie agter olifante aanry as hulle wegstap nie en bly in jou voertuig.”

WILDE PERDE

Drie mense is ook onlangs gewaar waar hulle glo ’n wilde hings langs die pad vryf.

Een vrou het na bewering ’n paar meter voor ’n merrie en haar vul gestaan om foto’s te neem.

Die Namibian Wild Horses Foundation het hierop gereageer en gesê hulle is verbaas dat niemand nog ernstig beseer is nie.

“Dit is malligheid om so naby aan ’n wilde perd te staan. Die diere is wild en onvoorspelbaar. So ’n hings weeg sowat 450 kilogram. Om langs die pad te stop, stel die perde in gevaar. Moenie hulle met kos lok om langs of naby aan die pad te staan nie. Hulle sal dan weer langs die pad gaan staan en’n voertuig of vragmotor kan hulle doodry – soos dit al talle kere in die verlede gebeur het.”

Die perde is ook gewoond aan hulle natuurlike kos en enige ander kos kan tot hulle dood lei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.96/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.62% | Zinc US$ 2 995.50/T DOWN -0.5% | Brent Crude Oil US$ 82.60/BBP DOWN -0.0148 | Platinum US$ 1 032.40/OZ UP +3.10% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.96/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.62% | Zinc US$ 2 995.50/T DOWN -0.5% | Brent Crude Oil US$ 82.60/BBP DOWN -0.0148 | Platinum US$ 1 032.40/OZ UP +3.10%