Dehorning to protect rhinos
Dehorning to protect rhinos

Renosters word onthoring ná stropery toeneem

Reeds 48 vanjaar gestroop
Die omgewingsministerie en betrokke rolspelers sal hulpbronne en kragte saamspan om hierdie toename in stroperyvoorvalle stop te sit.
Ellanie Smit
Ellanie Smit

Private renostereienaars onthoring tans hul diere om hulle teen die onlangse toename in stroperyvoorvalle te beskerm.

Altesaam 48 renosters is reeds vanjaar gestroop, wat reeds verlede jaar se syfer van 44 oortref, asook die 42 renosters in 2020.

Uit dié 48 was 32 swart- en 16 witrenosters – waarvan 12 swartrenosters op bewaringsplase gestroop is en 16 witrenosters op private plase.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is drie karkasse in Junie ná ’n deeglike inspeksie in die Etosha Nasionale Park ontdek en onlangs as gestroop bevestig.

“Ons het ongelukkig nog twee karkasse deur die loop van verlede week ontdek.”

Hy het gesê dit bring die totale aantal renosters wat in Etosha gestroop is op 20 te staan.

Verder is twee swartrenosterkarkasse onlangs in die Otjozondjupastreek ontdek.

Die twee karkasse is op twee verskillende private wildplase in die Otjituuo- en Otjiwarongo-gebiede ontdek. Die name van di֖é plase is egter nie bekend gemaak nie om hulle teen enige verdere stroperyvoorvalle te beskerm.

Volgens die polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is een van die renosters, ’n dragtige koei, gedurende Augustus op ’n wildplaas in die Otjiwarongo-distrik geskiet.

In ’n afsonderlike voorval is ’n swartrenosterkoei op 22 Augustus gevind nadat sy op ’n privaat plaas in die Grootfontein-distrik gestroop is.

Albei renosters is met onbekende vuurwapens geskiet en in beide voorvalle is albei horings afgekap.

Die waarde van die dragtige renoster word op N$1 miljoen geraam, en dié van die ander koei op N$500 000.

Niemand is nog in verband met een van die voorvalle in hegtenis geneem nie, maar polisieondersoeke duur voort.

BEWARING

“Ons pak hierdie probleem direk aan om te verseker dat ons stropery doeltreffend bekamp. Soos voorheen opgemerk is, het stropery ’n meer algemene verskynsel op privaat plase sowel as plase vir swartrenosterbewaring geword. Ons is besig om nuwe maatreëls oraloor die land te implementeer om hierdie neiging teë te werk,” het Muyunda gesê.

Hy het gesê teenstropingseenhede word op private plase versterk, en polisie en wetstoepassingsbeamptes van die ministerie word gebruik om private plaaseienaars by te staan met intelligensie, wetstoepassing en patrollies.

“Ons sal ook ons helikopter gebruik vir patrollies in gebiede waar stropery algemeen voorkom.”

Muyunda het bygevoeg die ministerie en betrokke rolspelers sal hulpbronne en kragte saamspan om hierdie toename in stroperyvoorvalle stop te sit.

“Ons doen egter intussen ’n beroep op lede van die publiek om waaksaam te bly en enige vermoedelike stroperyvoorval en ander wildmisdade aan te meld.”

ONTHORING

Mnr. Jaco Muller, die eienaar van ’n renosterplaas en stigter van die Help our Rhino’s Now (HoRn), het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die afgelope paar weke was die ergste wat renosterstropery betref, veral op private plase.

Hy sê die afgelope ses weke is sowat 14 witrenosters gestroop.

Volgens hom het hulle begin om al hul renosters te onthoring in ’n poging om die diere te beskerm.

“Dit is vir my baie hartseer. Jy weet nooit of jy ooit renosters met hierdie horings sal sien nie. Ons het ’n renosterkoei gehad met ’n horing van 34 duim wat ons moes afsny. Ek was amper in trane, want dit is so ’n manjifieke dier en nou moet jy daardie horing afkap. Maar dit is vir die dier se eie beswil.”

In 2019 is altesaam 57 renosters gestroop, 83 in 2018 en 55 in 2017.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053