Renosterkalf veg om haar lewe

Lilly en Venasha het beide ‘n dermparasiet
Die Rhino Momma Projek en sy vennote werk onverpoosd om Lilly en Venasha gesond te kry.
Tanja Bause
Lilly en Venasha, die twee renosterkalfies wat vroeër vanjaar binne ’n maand deur hul ma’s verwerp is, het beide parasiete in hul derms.

Mariska Bijsterbosch van Wildlife Vets Namibia is tans vir die derde keer by die Rhino Momma Project om te help.

“Ons het geen idee of Lilly dit gaan maak nie. Ons doen alles in ons vermoë. Ons het elke renosterveearts in Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika gekontak en niemand kan help nie.

“As sy ’n troeteldier was, het ons haar al lank al geopereer om te kyk wat binne-in haar aangaan. Ongelukkig kan ons nie opereer nie, aangesien ons nie die nodige geriewe in Namibië het nie. Ons het nie die narkosemasjien nie en die snyproses sal net té lank vat om al die ingewande te ondersoek.

“Dit is ongelukkig nie uitvoerbaar nie,” het sy gesê.

Beide die renosterkalfies is al ’n geruime tyd siek. Die vier maande oue Lilly het egter ’n tweede infeksie saam met die inwendige parasiet opgedoen, wat haar liggaam om die een of ander rede sukkel om te beveg.

“Ons koppel haar elke dag aan verskeie druppe om dehidrasie teen te werk, en medikasie toe te dien om haar liggaam te help om die infeksie te beveg.

“Ons neem gereeld bloed- en mismonsters en bestudeer hulle onder die mikroskoop. Ons stuur ook die foto’s na dr. Ulf Tubbesing wat die monsters ontleed.”

Venasha vaar baie beter behalwe dat dit vir haar erg is om haar “suster” so te sien.

“Sy het steeds die parasiet en diarree, maar dit lyk of sy vir eers beter doen. Ons is wel bekommerd oor haar en hou haar met ’n valkoog dop. Ons het drie dae gelede vir Nanna, ’n ou renosterkoei, aan die kalwers voorgestel.Sy doen ongelooflike werk en is baie sag met die kalwers. Hulle is bedags by haar en lê saam met haar in die skaduwee.

“Die regte Rhino Momma agter die kalwers, is egter Juliette Erdtsieck. Sy werk reeds vir weke met so veel toewyding en passie. Hoe sy aangaan weet ek nie, maar sonder haar sou Lilly nooit so ver gekom het nie.

“Juliette doen ongelooflike werk, ons as die veeartsspan kan medisyne vir Lilly gee, maar Juliette se liefde en passie is wat Lilly laat veg,” het sy gesê.

Beide kalwers is nou op Pro Nutro om vesel in te kry met die hoop dat dit die diarree sal beveg.

“Die behandeling is ontsettend duur en gedurende my tyd hier by Rhino Momma skenk Wildlife Vets aan die projek.

“Ons gee ook afslag op ons fakture. Uli Ritter van Intersana het TPN-druppels (IV-kos) geskenk en tog dink ek die mediese koste is reeds sowat N$50 000.

“Mense wat wil help, kan die projek direk kontak aangesien ons nie weet wat ons volgende gaan nodig hê nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A