Plant 'n boom
Iets so eenvoudig soos om ‘n boom te plant, verteenwoordig ‘n hoop vir die toekoms. Die geloof dat die boom sal groei en skoon lug en water sal voorsien, skadu en koelte teen ‘n skerp son, habitat vir wildlewe, gesonder gemeenskappe en eindelose natuurlik skoonheid vir ‘n beter toekoms.
“Boomplantdag is meer as net ’n viering van groenigheid. Dit is ’n kragtige herinnering aan ons diepgewortelde verbintenis met die grond, die woude en die kos wat dit verskaf. Dit is ’n oomblik vir besinning, om stil te staan en te dink aan dit wat die natuur so vrylik vir ons gee en wat ons nou met sorg en verantwoordelikheid moet teruggee,” sê Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja wat saam met Stad Windhoek, plaaslike gemeenskappe, rolspelers en danksy ‘n welkome skenking inheemse bome van FNB Namibia Boomplantdag in die hoofstad gevier het. In Namibië se droë klimaat is inheemse bome soveel meer as blote groenigheid, maar waardevolle bates wat ‘n breë reeks ekologiese, ekonomiese en kulturele voordele bied. As deel van FNB Namibia en Stad Windhoek se Groen Projek wat drie jaar gelede begin is, is 400 plante, ingesluit 300 inheemse bome en struike en 100 plante in sementpotte geplant wat strategies langs besige paaie, by en ook die munisipaliteit geplant om nie net openbare ruimtes in die hoofstad te verfraai nie, maar ook ‘n nalatenskap van ‘n groen stad te skep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie