Woestynaangepaste leeus langs die Skedelkus wat met GPS-satelliethalsbande toegerus is. Foto Desert Lion Conservation Trust
Woestynaangepaste leeus langs die Skedelkus wat met GPS-satelliethalsbande toegerus is. Foto Desert Lion Conservation Trust

Paratus help woestynleeus beskerm

Staff Reporter

Paratus Namibia ondersteun die bewaring van Namibië se woestynaangepaste leeus deur satellietkonnektiwiteit aan die navorsingstasie van die Desert Lion Conservation Trust by Möwebaai langs die Skedelkus te verskaf. 

Dit sal navorsers help om in een van die land se mees afgeleë gebiede te werk. Die bekende leeunavorser en stigter van die trust, dr. Philip Stander, sê betroubare kommunikasie is noodsaaklik vir bewaringswerk in so ’n geïsoleerde omgewing.

Konnektiwiteit by die Möwebaai-basiskamp laat navorsers toe om opsporingsdata te verwerk en kommunikasie te handhaaf met leeuwagters wat in kommunale bewaringsgebiede van onder meer Purros en Sesfontein werksaam is.

Vroeëwaarskuwingstelsels wat aan die GPS-halsbande van leeus gekoppel is, waarsku die leeuwagters wanneer die leeus hoërisikogebiede binnegaan, wat help om mens-dierkonflik te verminder, terwyl gemeenskappe se vee én die leeus beskerm word. Lees meer op bl. 4 in Market Watch. 

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer