Papsopnat Paasnaweek

Hoop vir invloei in Hardapdam
Volgens weerkenners kom reën egter net kol-kol voor met dele van die land wat nog tot volgende Maandag neerslae kan verwag.
Francoise Steynberg
Goeie reënneersale het voor en tydens Paasnaweek oor veral die oostelike dele van Namibië voorgekom met hernude hoop vir invloei in damme.

In die Noorde het dit Sondag op die plaas Plaas Cherbourg in die Tsumeb-distrik 77 mm geval, by Tsumeb 58 mm, op die plaas Olifantsfontein in die Grootfontein-distrik 55 mm en buite Otavi 40 mm. Okahandja, Otjiwarongo en Kombat het ook goeie buie gekry. In die Noordooste is 65 mm in die Manghetti-gebied gerapporteer, in die Kavango-Wesstreek 22 mm en by Katima Mulilo 13 mm.

In die Mieliedriehoek sê die mielieboere egter die reën het 40 dae te laat gekom.

In die Ooste het dit 53 mm in die omgewing van Summerdown geval, 33 mm by Steinhausen, 32 mm by Buitepos, 35 mm by Sandwerf by Dordabis, asook neerslae by Hochfeld, Witvlei, en Gobabis.

Ook in die dorre Suide het dit tussen 60 mm en 110 mm in die Klein Karasberge by Karasburg gereën. By Maltahöhe is neerslae van meer as 30 mm aangeteken en die Leliepan het ook volgens berigte reën ontvang. By Kalkrand en Hoachanas is tussen 12 mm en 19 mm gerapporteer.

Vier damme het Donderdag invloei gehad. Volgens NamWater se jongste dambulletin van Donderdag het die Von Bachdam by Okahandja 76 000 kubieke meter water ontvang. Die watervlak het van 11,1% tot 11,3% gestyg. Die Oanobdam het 733 000 kubieke meter water ontvang en is nou 44,4% vol. Die Omatakodam het 29 000 kubieke meter water ontvang en staan op 0,5%. Teen druktyd was NamWater se Maandag-bulletin nog nie beskikbaar nie.

Alle oë is op Hardapdam waar daar Woensdagaand 11 mm gereën het, maar sonder enige invloei het die damvlak op 11,7% gebly. Woensdagaand het ‘n bui van meer as 50 mm op Mariental die gholfklub en huise van die voormalige volstruisprojek oorstroom.

Dit het Sondag 60 mm by Schlip gereën wat in die Hardap-opvangsgebied is en water in die Visirivier was gister teen druktyd enkele kilometer vanaf die dam nadat die Schlip- Kalf- en Kubrivier sterk geloop het.

Raymund Simon van Mariental het gister met ‘n helikopter oor die Visrivier tot by Schlipp gevlieg.

“Daar kom baie water van agter af uit dié riviere aan wat in die Visrivier invloei. Dis moeilik om te sê wanneer die water die dam gaan haal,” maar hy het invloei teen gisteraand verwag.

Die voorsitter van die Hardap-boerevereniging, Dawie de Klerk, het gister gemaan al die kuile by die Hardapdam was leeg en moet eers vol loop voordat water in die Hardapdam sal invloei.

“Die Visrivier loop al vir ‘n week lank stadig, maar dit vul nog net die kuile. Die kuile is besig om vol te raak, maar hulle is nog nie vol nie,” het hy gesê

De Klerk het weer bevestig alle rouwatertoevoer van die Hardap, dus alle besproeiing, sal teen einde April gestaak word, maar skemaboere se hoop het weer opgevlam.

“ Die Nautedam het ook nie noemenswaardige invloei gehad nie. Die Leeurivier het geloop, maar dit vat tyd,” het De Klerk bygevoeg.

Die Metereologiese Dienste van Namibie het ‘n weerwaak uitgereik vir matige tot swaar reënval in die noordelike en sentrale streke.

Vir vandag sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele, maar verspreide donderbuie in die sentrale-noordelike streke en die Otjozondjupastreek.

Die onafhanklike weerkenner Johan van den Berg het bevestig neerslae kom net kol-kol in Namibië voor en voorspel nog tot volgende Maandag goeie neerslae vir dele van van die land.

- [email protected]

.

Kommentaar

Republikein 2024-05-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 11° | 32° Rundu: 10° | 31° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 10° | 26° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 10° | 27° Henties Bay: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:35, High tide: 08:47, Low Tide: 14:47, High tide: 21:27 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:45, Low Tide: 14:45, High tide: 21:25 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:44, Low Tide: 14:45, High tide: 21:24 Rehoboth: 10° | 24° Mariental: 10° | 26° Keetmanshoop: 9° | 22° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 8° | 18° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 22° | 26° Gaborone: 11° | 26° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 13° | 24° Maseru: 5° | 20° Antananarivo: 12° | 21° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 12° | 15° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 32° Lusaka: 15° | 29° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.2 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1320 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77161.71 Down -1.8% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1674.92 Down -2.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13313.64 Down -0.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.40/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0256 | Zinc US$ 3 080.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 82.27/BBP DOWN -0.0175 | Platinum US$ 1 022.89/OZ DOWN -0.0146 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 11° | 32° Rundu: 10° | 31° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 10° | 26° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 10° | 27° Henties Bay: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:35, High tide: 08:47, Low Tide: 14:47, High tide: 21:27 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:45, Low Tide: 14:45, High tide: 21:25 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:44, Low Tide: 14:45, High tide: 21:24 Rehoboth: 10° | 24° Mariental: 10° | 26° Keetmanshoop: 9° | 22° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 8° | 18° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 22° | 26° Gaborone: 11° | 26° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 13° | 24° Maseru: 5° | 20° Antananarivo: 12° | 21° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 12° | 15° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 32° Lusaka: 15° | 29° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.2 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1320 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77161.71 Down -1.8% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1674.92 Down -2.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13313.64 Down -0.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.40/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0256 | Zinc US$ 3 080.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 82.27/BBP DOWN -0.0175 | Platinum US$ 1 022.89/OZ DOWN -0.0146