Oranjerivier weer in vloed

Vloei glo die sterkste in ’n dekade
Ses kamers van die Noro Tshama River Resort op die oewer van die Oranjerivier is oorstroom.
Tanja Bause
“Ek is 47 jaar oud en het teen die Oranjerivier grootgeword. Dit is die eerste keer wat ek die rivier twee keer in dieselfde jaar sien afkom en dan nog met sulke massas water. Dit het nog nooit gebeur nie, of nie wat ek kan onthou nie.

“Gewoonlik was die rivier in Februarie en Maart vol, maar dié jaar het hy in Januarie begin styg en eers in Maart begin sak. Nou is dit alweer vol. Dit is ongekend. Ook die tempo waarteen die rivier gelig het, is ongewoon.

“Gewoonlik lig die rivier oor ’n dag of drie, die keer het dit binne ’n half uur van normaal na twee meter gestyg,” het Jan Mostert van Frontier Grapes op Aussenkehr gesê.

Volgens hom het die watervlak Sondag ’n bietjie gestyg. Hy het Maandag by die rivier gestaan en gedink hy moet die pompe – wat op vlotte is – skuif. Hy het ’n halfuur later teruggekom om die pompe te skuif toe het die watervlak reeds twee meter gestyg.

Lily-Pearl Brand van die Noro Tshama River Resort het dit beaam en gesê plaaslike inwoners het gesê dit is die sterkste wat die rivier nog gevloei en die vinnigste wat dit gestyg het.

“Ons het ’n plaaslike WhatsApp-groep wat almal gedurig oor die stand van die water inlig word en ons het gehoor die watervlak het Sondag gestyg. Sondagnamiddag kon ons sien die water begin vinniger vloei. Ek het vir ons veiligheidswagte gesê hulle moet ’n streep in die sand trek sodat ons kan sien hoe vinnig die rivier se watervlak styg omdat dit toe donker was.”

Noro Tshama het onder andere ses kamers wat op die oewer van die rivier geleë is. Twee gaste in dié kamers is ingelig dat hulle Maandag vir veiligheidsredes geskuif sal word.

“Maandagoggend was dit ongelooflik om die rivier te sien en die mag met wat dit gevloei het; en hoe vinnig alles verander het. Gelukkig was ons goed ingelig en het ons genoeg tyd gehad om op te tree.

“Ons werkers het die ses kamers binne twee ure ontruim. Ons het ook ons stoorkamers ontruim. Die kamers het eergisternag begin oorstoom en nou is hulle nie meer op die oewer van die Oranjerivier nie maar in die rivier en ons stoorkamers is enkeldiepte onder water.”

Die rivier het nog nie sy piek bereik nie. Dit sal na verwagting dan nog met ’n meter of hoër styg voordat dit teen Saterdag of Sondag sal stabiliseer.

Die druiweboere wat besig is om te oes, het nog geen skade gely nie.

“Ek het een wingerd wat laag lê waar die water ingestoot het en wat nou onder water is. Dit gaan net die oesproses bietjie vertraag. Dit is net my een blok op Aussenkehr en ek dink twee of drie blokke op Noordoewer wat onder water is,” het Mostert gesê.

Die riviervlak is volgens hom hoër as in Januarie en vloei ook baie sterker.

“Dit vloei ongelooflik vinnig en ek dink dit is wat in die stadium die behoud is. Die water vloei teen ’n hoë tempo en die water loop net af. Dit is nie soos 1988 se vloed waar die water gespoel het nie, want dit is wanneer jy skade ly. As die wingerd net in die water staan, is dit geen probleem nie.

“Ons is wel benoud oor die water wat so naby aan ons huis is, maar daar is niks wat jy kan doen nie. Dit is ’n magtelose gevoel wat oor jou kom. Ek het by die rivier gestaan en gesien hoe dit in die wingerd opstoot en jy kan dit nie keer nie.

’Jy kan noodwalle gooi, maar dit help nie regtig nie. Jy sien die water kom en jy kan niks doen nie.”

Volgens Brand het dit ook Maandag die hardste nog vanjaar gereën.

“Dit is ongelooflik hoe die mense hier saamstaan. Almal help mekaar. Talle mense kom ook nou Noro Tshama toe om die rivier te sien. Dit is regtig ongewoon om te sien hoe hele bome, bosse en klosse riete met die water meegesleur word.

Dit is Moeder Natuur en daar is niks wat ons meer kan doen nie. Ons het alles in ons vermoë gedoen en nou wag ons en kyk wat oor die volgende paar dae gaan gebeur,” het Brand gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%