Harnas se me. Marieta van der Merwe. Foto Harnas
Harnas se me. Marieta van der Merwe. Foto Harnas

Omgewingsministerie teiken Harnas

Beamptes soek 72-jarige eienaar agter tralies
Gevestige wild stigting se eienaar word deur beamptes van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme beskuldig van oortreding van natuur bewaringsordonnansies
Die Harnas wildstigting het in ’n nuusvrystelling gister sy stigter en eienaar me. Marieta van der Merwe verdedig en die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme se beamptes beskuldig van slinkse optrede, die gebruik van Gestapo-taktiek en bymotiewe.

Volgens die vrystelling het beamptes, spesifiek van die Windhoekse natuurlewe- en parke-afdeling, laas Sondag voorgegee hulle soek toegang tot Harnas om foto’s vir ’n voortdurende ondersoek te neem.

“Nadat hulle die perseel binnegelaat is, onder die voorwendsel van foto’s neem, wou die ministerie se amptenare die 72-jarige me. Van der Merwe in hegtenis neem op drie klagte van die oortreding van die natuurbewaringsordonnansie.

“Die ministeriële beamptes het later ingestem om haar nie op ’n Sondagnamiddag in hegtenis te neem nie, maar dat sy Maandagoggend halfsewe by die Otjinene landdroshof moes aanmeld,” lees die vrystelling.

Volgens Harnas het Van der Merwe verskyn en is sy later op borgtog van N$40 000 vrygelaat.

“Me. Van der Merwe is hiermee op rekord dat sy al die klagtes teen haar sal verdedig,” lees die vrystelling.

“Die eise deur die ministerie is op die ministerie se administratiewe mislukkings gebaseer. Die Gestapo-agtige werkwyse van die ministerie, veral die Windhoekse departement van natuurlewe en parke, getuig van bymotiewe en is ’n vermorsing van belastingbetalers se geld in onnodige hofsake.”

Harnas lig uit dat Van der Merwe onlangs suksesvol teen die ministerie in ’n dringende aansoek in die Hoërhof was en dring aan sy het ten alle tye binne die wet opgetree.

“Die beëdigde verklarings in die saak het spesifiek die voortgesette onwettige en intimiderende optrede deur die ministerie uiteengesit. In Februarie 2022 het Van der Merwe die hooggeregshof van Namibië suksesvol genader op ’n dringende grondslag om die ministerie te verbied om twee leeuwyfies van Harnas na Okapuka Ranch te verwyder. Die twee leeuwyfies is nou weer by die klagte teen Van der Merwe ingesluit,” lees die vrystelling.

Harnas het reeds 34 jaar ervaring as ’n voorloper in die sorg van wilde diere in Namibië en is een van min instansies wat gemartelde, beseerde en probleemdiere inneem en wat na weesdiere omsien.

Kommentaar

Heide Baas 2 Jaar Gelede 27 May 2022

dit is `n absolute skande, hoe onkundige beamtes van MET, persone wat jare se ondervinding in die aanhou van wilddiere het, behandel. Daar is so baie probleme wat verseker meer en dringend MET se aandag nodig het en waar MET glad nie by uitkom nie of nie omgee nie.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

#N/A Currency: GBP to NAD 22.63 | EUR to NAD 18.85 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.25 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.63 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.06 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.85 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 49.25 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1680.41 | USD to ZAR 17.49 | USD to ZMW 27.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.29 Up +1.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14487.67 Up +1.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31267.47 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 692.52/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.33/lb DOWN -0.0206 | Zinc US$ 3 004.80/T DOWN -1.88% | Brent Crude Oil US$ 75.28/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 982.39/OZ DOWN -0.0148 #N/A