Olifante word vandag gevier

Oplossings vir konflik gesoek
Agt grootvoete is sedert die begin van die jaar met halsbande in drie gebiede toegerus.
Met die viering van Wêrelddag vir Olifante vandag, het Elephant Human Relations Aid (EHRA) ’n beroep op die publiek gedoen om met die bekamping van olifant-mens-konflik te help.

In samewerking met die Elephant Management Group – ’n nuwe komitee wat die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme op die been gebring het – vra die organisasie vir die finansiering van halsbande vir twee olifante in die Omatjete-gebied.

Volgens me. Rachel Harris, die besturende direkteur van EHRA, is twee volwasse olifantkoeie reeds geïdentifiseer en dat die halsbande N$70 000 kos.

“Vroeër vanjaar is agt olifante in die Kamanjab-, Fransfontein- en Hoanib-gebiede met halsbande toegerus. EHRA het twee van die halsbande verskaf. Ons monitor ook vier aktiewe halsbande in ons werksgebied. Die uiteindelike doel is om olifante in elke trop in die gebied met halsbande toe te rus.”

Plaaslike belanghebbendes landswyd is verantwoordelik vir die implementering van versagtingsmaatreëls in hul onderskeie gebiede, met ’n olifanthalsband-inisiatief wat eerste op die lys is.

Die belanghebbendes sluit die bewaringsgebiede Sorris Sorris, Otjimboyo en Ohungu, Daure Daman en die Zeraeua Tradisionele Owerheid, kommersiële plase en EHRA in.

Olifante in die streek loop dikwels tussen kommunale en kommersiële plase, wat vrees onder mense en vernietiging van eiendom veroorsaak.

’n Veilige en volhoubare manier om die probleem te takel, is om die olifante met GPS-halsbande toe te rus.

Die data wat van die olifante se halsbande ingesamel word, help om die olifante se beweging te ontleed en te interpreteer. Dit help ook om vroeë waarskuwing aan mense in die konflikgebiede te bied. Die data word in die EarthRanger-toep geïntegreer.

“In kommunale gebiede teiken olifante groentetuine, vernietig waterinfrastruktuur en soms ook heinings. As jy weet waar die olifante is, voel mense veiliger en kan hulself voorberei. Boere kan hul instandhoudingspan onmiddellik uitstuur nadat hulle ’n waarskuwing ontvang het om die heinings te herstel en sodoende te verhoed dat vee ontsnap,” het Harris gesê.

Op die lang termyn sal dit die boere toelaat om konflik te bekamp, hul plase beter te bestuur of olifant-bestande heinings of hekke op te rig.

Namibië is een van die enigste Afrikalande met ’n gesonde bevolking van vrylopende olifante buite nasionale parke. Soos hulle egter oor landskappe beweeg wat grootliks deur mense bewoon word, is dit voordelig vir alle betrokkenes om die beskikbare tegnologie te gebruik om konflikte te versag en om vreedsame naasbestaan te bevorder.

Om ’n skenking te maak, besoek https://www.ehranamibia.org/donate. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!