Natuur toeganklik vir rolstoelgebruikers
Die paadjie wat by die Avisdam geplavei is vir rolstoelgebruikers en mense wat moeilik loop, is met 60 meter verleng.
Die nieregeringsorganisasie Greenspace wat die dam se omgewing bestuur, se voorsitter me. Vera Freyer sê: “Ons het die eerste stuk net vanaf die sluise se oorgang tot by die damwal met plaveisel uitgelê.
“In 2017 het ons die pad oor die damwal verleng wat die hele pad sowat 500 meter lank gemaak het. Langs die pad is rusbankies waarop mense kan sit en die natuur, die dam en omliggende berge kan geniet. Die pad maak die dam toeganklik vir mense in rolstoele en ook mense wat moeilik stap.
“Almal kan met die pad langs die Avisdam, natuur en vars lug geniet.
“Ons het nou besluit om die paadjie met nog 60 meter aan die noordekant van die dam te verleng. Dit gee ons bejaarde en fisiek gestremde besoekers ’n nog wyer uitsig oor die dam. Daar is reeds ’n bank en die noordekant gee mense ’n heel ander uitsig as vanaf die damwal. Dis ook die kant waar die water invloei wanneer die rivier loop.”
Freyer hoop meer bejaardes en mense in rolstoele sal van die paadjie gebruik maak om ’n bietjie uit te kom in die natuur.
“Daar is bedags vanaf 07:00 tot 19:00 in die somer en van 07:00 tot 18:00 in die winter wagte en die dam is veilig gedurende hierdie tye. Kom bietjie uit en geniet ’n uitstappie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie