Namibiese 'ambassadeurs' kom in Indië aan

Jagluiperds Saterdag in Kuno Nasionale Park vrygelaat
Agt jagluiperds uit Namibië het Saterdag ná 'n 16 ure vlug in Indië aangekom waar dié spesie hervestig gaan word.
Ellanie Smit
Sewentig jaar nadat jagluiperds in 1952 in Indië uitgesterf het, het agt van dié diere Saterdag uit Namibië daar aangekom waar dit in Madya Pradesh in die Kuno Nasionale Park vrygelaat is.

Die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) wat die herbekendstelling van jagluiperds in Indië in sameweking met dié land se bewaringsowerhede moontlik gemaak het, het vroeg Saterdag oor die veilige aankoms van die diere getwiet.

Die Indiese premier, mnr. Narendra Modi – wat sy 72ste verjaardag gevier het – was daar om die jagluiperds by hul nuwe tuiste te verwelkom. “’n Lang wag is verby,” het Modi op Twitter geskryf by foto’s van die jagluiperds in hul nuwe omgewing.

Personeel van die CCF het saam met die jagluiperds gereis om te verseker die drie mannetjies en vyf wyfies, almal tussen twee en vyf-en-‘n-half jaar oud, kom veilig by hul bestemming aan.

Namibië skenk dié eerste agt jagluiperds as deel van ‘n ooreenkoms met Indië se Project Cheetah om die spesie te help bewaar.

Die jagluiperds is Vrydag vanaf die CCF se sentrum buite Otjiwarongo na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vervoer, waar die kratte in die Boeing 747-vragvliegtuig gelaai is wat Indië vir dié doel gehuur het.

Die Indiese hoë kommissaris in Namibië, mnr. Prashant Agrawal, asook verteenwoordigers van die ministeries van internasionale betrekkinge en samewerking (Mirco) en die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) was by die lughawe teenwoordig.

Me. Rebecca Iyambo, adjunk- uitvoerende direkteur van Mirco, het gesê die jagluiperd-skenking maak deel uit van samewerking met Indië op die gebied van biodiversiteitsbewaring en volhoubare wildbestuur. Sy het beklemtoon dat wild Namibiërs na aan die hart lê, en daarom het Namibië elke stap gedoen om te verseker dat hul wilde diere goed beskerm word.

MEFT se mnr. Kenneth !Uiseb het die lang vennootskap tussen Indië en Namibië verduidelik wat geboorte gegee het aan die hervestiging van jagluiperds en het Namibië se verbintenis bevestig om saam met die Indiese regering aan hierdie inisiatief te werk.

Agrawal het daarop gewys hierdie is ’n wêreld-eerste. “Dié transkontinentale hervestiging is ’n eerste van sy soort,” het hy gesê en bygevoeg dié jagluiperds is die “welwillendheidsambassadeurs” vir die betrekkinge tussen Namibië en Indië.

Laasgenoemde vier vanjaar sy 75ste onafhanklikheidsherdenking, en dié hervestiging is deel daarvan.

Hy het ook sy spesiale dank aan die CCF onder leiding van dr. Laurie Marker betuig.

Marker en Agrawal het ook saamgevlieg na Indië en was Saterdag saam met die res van die CCF-personeel wat die jagluiperds vergesel het, teenwoordig toe die hokke se valdeure opgelig is en die diere in hul nuwe habitat vrygelaat is.

Volgens die CCF is die vliegtuig aangepas sodat die hokke in die hoofkajuit vasgemaak kon word waar veeartse tydens die 16 uur lange vlug volle toegang tot die diere gehad het.

Die diere is met hul aankoms by Jaipur per helikopter na die Kuno Nasionale Park vervoer.

STIGTERSBEVOLKING

Die jagluiperds is almal ingeënt en met ‘n satelliethalsband toegerus, en is in isolasie by die CCF-sentrum in Otjiwarongo gehou.

Volgens die CCF is die jagluiperds gekies op grond van ‘n gesondheidsassessering, hul geaardheid, jagvaardighede en vermoë om genetika by te dra wat sal lei tot ‘n sterk stigtersbevolking.

“Die bewaring van spesies verg globale samewerking. Vir meer as 12 jaar het ek met die Indiese regering en hul wetenskaplikes gekonsulteer oor hoe om jagluiperds na daardie landskap terug te bring, en nou gebeur dit,” het Marker, stigter en uitvoerende direkteur van die CCF, in ’n verklaring gesê.

Mnr. Peter Katjavivi, die Speaker en CCF se internasionale beskermheer, sê dié projek is iets waarop elke Namibiër trots kan wees.

“Ons help om ‘n bewaringsmodel te skep wat deur ander Afrika-nasies en voormalige verspreidingsgebiede oraloor die wêreld gebruik kan word om ‘n spesie te red.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70%