Mwezi-leeujag: Delhra vra WildVeld verskoning
Naamskendingsaak
'n Windhoekse regsfirma het opdrag van sy Amerikaanse kliënt gekry om Izak Smit te beveel om alle inhoud wat sy kliënt by die jag van Mwezi betrek, van al sy sosialemediaplatforms te verwyder, wat volstrek geweier het.
Die mede-stigter van die Desert Lion Human Relations Aid (Dehlra), Izak Smit, het amptelik verskoning aan die Amerikaner Mark Misner en WildVeld Safaris oor die jag van die woestynaangepaste leeumannetjie, Mwezi gevra.
“Ná maande van regsprosedures – en teen aansienlike persoonlike en organisatoriese koste – het Smit amptelik erken dat sy beskuldigings rakende die probleemleeujag van 10 Oktober 2023 vals was,” het Misner Maandag op navraag van Network Media Hub (NMH) geantwoord.
Dit volg nadat WildVeld Safaris in Januarie 2024 vir Smit in 'n prokureursbrief beveel het om alle inhoud wat dié niewinsgewende bewaringsmaatskappy by die jag van die leeu, Xpl-107, impliseer, van al sy sosialemediaplatforms te verwyder.
Die Windhoekse regsfirma Cronjé Inc het opdrag van sy kliënt gekry om Smit te beveel om alle inhoud wat sy kliënt by die jag van Mwezi betrek, van al sy sosialemediaplatforms te verwyder, maar Smit het volstrek geweier.
Daar was ook van Smit verwag om ’n openbare kennisgewing en verskoning op sosiale media te publiseer en hom te weerhou van bykomende plasings wat WildVeld by die leeujag betrek.
Die regsfirma se instruksies was verder om voort te gaan met die regsproses om skadevergoeding te verhaal wat direk en/of indirek voortspruit uit die plasings van Smit in sy persoonlikheid hoedanigheid en namens Delhra.
Smit het uiteindelik na meer as ‘n jaar en ‘n half sy woorde teruggetrek oor sy sosialemediaplasting tussen Oktober 2023 en Januarie 2024 rakende die jag van Mwezi en die betrokkenheid van WildVeld Safaris en Misner.
“Dit het onder ons aandag gekom dat ons verwysing na WildVeld Safaris en Mark Misner as die jagoperateur betrokke by die jag van Mwezi, misplaas en verkeerd was.
“Ons betreur die fout en trek hiermee amptelik daardie verwysing terug. Ons vra om verskoning aan Wildveld Safaris en Mark Misner,” het Smit op Facebook geskryf.
Smit wou aanvanklik op navraag van NMH geen kommentaar lewer waarom hy uiteindelik verskoning gevra het nie. "Geen kommentaar. Die ondersoek is byna voltooi en betrokkenes geïdentifiseer."
Misner het bevestig “ons kon 'n skikking bereik wat 'n finansiële deel sowel as 'n openbare verklaring ingesluit het,” maar hy wou nie die finansiële deel bekendmaak nie.
Smit het egter Maandagaand gesê hy het nie ‘n sent betaal nie: “Niks betaal, aksie gestaak. Hy het in ‘n WhatsApp-boodskap bygevoeg: “Wou net rekord regstel. Het nou finaal alle inligting.”
'SKADE REEDS AANGERIG'
Ongelukkig, sê Misner, “teen die tyd dat hy die rekord reggestel het, was die skade reeds aangerig. Gemeenskapsgebaseerde bewaringsprogramme is ontwrig”.
Hy voeg by: “Werkgeleenthede is verlore. Kritieke inisiatiewe – soos patrollies teen stropery en die versagting van mens-dier-konflik – is ontspoor. Die toenemende terugslae het meer as 'n dekade se vordering omgekeer en miljoene dollars se langtermyn-bewaringsbelegging in gevaar gestel.”
Misner het destyds bevestig dat werksverliese vir 20 werknemers onvermydelik is as ’n direkte gevolg van Smit se “lasterlike publikasies”.
Misner het gesê dit het ’n negatiewe impak op die bewaringsgebiede se wildwagtersprogramme en bewaringskenkings van meer as N$1 miljoen per jaar.
WildVeld is betrokke by die bewaringsgebiede van Ehi-Rovipuka, Anabeb, Orupupa, Ozondundu en Omatendeka in die Kunenestreek, asook die Save the Rhino Trust en The Sustainable Wildlife Trust.
Die saak spruit voort uit die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme wat in Oktober 2023 die leeumannetjie in die Palmwag-omgewing van die Kunenestreek as ’n dier geïdentifiseer het wat herhaaldelik probleme veroorsaak ná hy 14 bokke gevang het, asook later ’n brahmanbul by Palmwag. Mwezi was met ’n nekband toegerus om sy bewegings te monitor.
Delhra het daarna ’n saak by die polisie aanhangig gemaak en ‘n ondersoek na die ministerie by die ombudsman aangevra.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie