No Image Caption

Luiperdwyfie kry nekband

Francoise Steynberg
Dié jong luiperdwyfie is deur ’n boer in ’n vanghok gevang nadat sy vee in die omgewing van Okapuka in die Okahandja-distrik gejag het. Na besprekings met die boer kon die N/a’an ku sê-stigting die luiperd met ’n opsporingshalsband toerus en haar terug op dieselfde plaas vrylaat. “Ons reaksiespan het met die boer saamgewerk om bykomende strategieë te implementeer wat daarop gemik is om beide die vee en die luiperd te beskerm. Dit beklemtoon die einste doel van die reaksie-eenheid: om boere en karnivore te help om saam op Namibiese landbougrond te floreer,” sê die stigting. Foto N/a’an ku sê

Kommentaar

Republikein 2025-11-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer