Kinders skep kuns vir bye
Kinders van 19 skole van regoor die land het vanjaar aan die Heuningby-kunskompetisie deelgeneem. Dit is die tweede jaar dat Drien Setzkorn van die preprimêre skool Montesorri Children’s House die kompetisie in samewerking met Byeboerderyvereniging van Namibië aanbied.
“Ons het verlede jaar baie minder skole gehad wat betrokke was. Ons was vanjaar aangenaam verras met die 240 kunswerke wat ons ontvang het. Ons het ook gesien daar is ’n behoefte aan ’n kategorie vir die ouderdomsgroep drie tot vier jaar. Ons het die inskrywings nou ook uitgestal, maar sal in die toekoms ’n kategorie vir hulle skep.”
Die kompetisie se doel is om bewustheid te skep oor die beskerming van bye en oor die noodsaaklike rol wat hulle in die natuur speel.
“Ons het selfs stories van skole ontvang oor wat hulle doen om bye te beskerm. Een skool het begin om blomme te plant terwyl ’n ander een die kinders leer om versigtig te loop en nie op jakarandablomme te trap en per ongeluk ’n by dood te trap nie.”
Diegene wat die uitstalling van die kinders se kunswerke wil besoek, kan vandag vanaf 17:00 tot 19:00 ’n draai by die ou kerk in Reuningstraat in Klein Windhoek maak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie