Kiaatreuse val onwettig in bewaringsgebied

Onderwyseres, haar vermeende medewerker ondersoek
Ofskoon die polisie glo weet wie onwettige kiaatbome naby Rundu geoes het, is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Ronelle Rademeyer
Die gefrustreerde voorsitter van ’n bewaringsgebied suidoos van Rundu waar 96 onwettig afgekapte kiaatbome (Pterocarpus angolensis) in Februarie gevind is, sukkel meer as ’n maand later steeds om antwoorde te kry oor waarom die vermeende verdagtes nog nie aangekla en voor die hof gebring is nie.

Mnr. Thomas Muronga, voorsitter van die Kapinga KaMwalye-bewaringsgebied, sê ’n saak (CR106/02/2022) is in Februarie by die polisie op Rundu aanhangig gemaak teen ’n 43-jarige onderwyseres en haar 39-jarige sakevennoot.

Hy sê die onwettige oes van die kiaatbome het aan die lig gekom toe een van die bewaringsgebied se hulpbronbeamptes, mnr. Mutundu Pius, in die veld daarop afgekom het.

’n Moratorium op die oes van bome is op 26 November 2018 afgekondig ná ’n wekroep deur bewaringsinstellings oor die plundering van skaars bome in die Kavango- en Zambezistreek.

Murango sê hy en mnr. Sakeus Kupepa, ’n bosboubeampte van die direktoraat bosbou in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, het op 9 Februarie die Cima-nedersetting in dié bewaringsgebied besoek en die 86 afgesaagde bome gevind, met etlike ander kiaatbome wat nog in die veld gelê het en wat na bewering ook onwettig afgekap is.

Hulle het glo op ’n trekker en sleepwa afgekom waarop ’n masjien was wat gebruik is om die bome te saag.

Dit blyk uit ’n verslag deur Kupepa hulle het die trekker se battery verwyder en die sleepwa met die masjien daarop agter hulle voertuig gehaak om dit as bewysstuk na die bosboukantoor op Rundu geneem.

Murango en Kupepa se ondersoek het hulle daarna na die huis van die onderwyseres op Rundu gelei, wat volgens die verslag erken het die hout behoort aan haar en dat sy nie oor ’n oespermit beskik nie.

Dit blyk hulle is die volgende dag saam met haar en twee polisiebeamptes na die huis van haar vennoot.

Kupepa sê in sy verslag volgens dié man het die onderwyseres gesê hy moet voortgaan om die bome af te kap, “want sy sal binnekort die permit kry wat deur die bosboukantoor aan haar beloof is”.

Hy het glo ook aan hulle gesê hy het agt mans aangestel om te help om die bome af te saag.

Muronga sê sedertdien sukkel hy om antwoorde by die bosboukantoor en die polisie op Rundu oor die vervolging van die onderwyseres en haar vennoot te kry.

“Ons kom nie reg nie; hulle los die saak net so en doen nie iets daaraan nie,” sê hy.

Die nuwe direkteur van bosbou, mnr. Johnson Ndokosho, het in reaksie op vrae hieroor gesê dit moet aan die ministerie se amptelike woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, gerig word.

Laasgenoemde het bykans twee weke later nog nie eens ontvangs erken het, hoewel hy die navraag op WhatsApp gelees het.

Kupepa het gister telefonies bevestig niemand is tot nou toe in hegtenis geneem nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 374.10/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.83/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 963.00/T DOWN -0.69% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 1 052.51/OZ DOWN -0.0162 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 374.10/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.83/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 963.00/T DOWN -0.69% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 1 052.51/OZ DOWN -0.0162