Internasionale veeartse besoek Rhino Momma Project
Verlede week het internasionale veeartse van Worldwide Vets ’n week in die veld saam met Wildlife Vets Namibia by die Rhino Momma-projek deurgebring. Hul werk het gefokus op renosterversorging, -bestuur en veeartsenykunde, met ’n kombinasie van lesings en praktiese veldwerk. Onderwerpe het onder meer die vang en immobilisering van renosters, farmakologie, hondsdolheid, miltsiekte, liggaamstoestandbepaling en meer ingesluit. Daar was ook ’n praktiese sessie waar met verdowingsgewere na teikens gemik en geskiet is. Die praktiese veldwerk was die hoogtepunt met verskeie renosters wat geïmmobiliseer is vir die verwydering van hul horings deur Wildlife Vets Namibia, asook hervestiging. Die werk het egter nie by renosters gestop nie; twee swartwitpense is ook hervestig. Foto’s Eugenie Bezuidenhout/Worldwide Vets en Wildlife Vets Namibia


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie