pangolin
pangolin

Inhegtenisnames vir handel in ietermagos styg

Tanja Bause
Ellanie Smit - Inhegtenisnames vir misdade wat verband hou met die handel in ietermagogs het tussen 1 September en 30 November vanjaar gestyg. Volgens Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme, is beslag gelê op 18 ietermagogvelle, 12 lewende ietermagogs en 146 skubbe wat gelei het tot 23 geregistreerde sake en 38 verdagtes wat in hegtenis geneem is.

“Hierdie getalle oortref die gesamentlike arrestasies vir sake wat met olifante en renosters verband hou," het hy gesê.

Volgens Muyunda is die gevalle hoofsaaklik van die noordelike streke met Kavango-Wes wat die meeste gevalle geregistreer het (ses gevalle), gevolg deur Kavango-Oos, Ohangwena, Oshana en Zambezi waar elk drie gevalle geregistreer is. Die sentrale streke het gesamentlik vier gevalle geregistreer, terwyl net een geval in Kunene geregistreer is.

Muyunda sê voor September was daar ‘n totaal van ses lewende diere teruggevind en is 19 velle van Januarie tot Augustus gekonfiskeer.

“Met betrekking tot geregistreerde misdade sluit die totale aantal vir vanjaar en wel 5, lewendige diere, velle en skubbe in. Dit sluit twee fetusse uit wat as gevolg van miskrame by twee lewendige gekonfiskeerde ietermagogs voorgekom het,” het Muyunda gesê.

Hy het beklemtoon ietermagogs word ernstig bedreig en die handel in die diere is 'n ernstige oortreding.

“Jy sal gearresteer en gevonnis word vir hierdie misdaad.”

Volgens Muyunda was die swaarste vonnis vir die handel in ‘n ietermagog of dele van die dier in Namibië nege jaar direkte tronkstraf en die swaarste boete was N$800 000.

Ietermagogs word ingevolge die natuurbewaringsordonnansie en die wet op die handel in produkte van beheerde natuurlewe beskerm.

Die besit van ‘n ietermagog of dele daarvan dra dieselfde maksimum vonnis as vir ‘n renosterhoring en wel tot 15 jaar tronkstraf en 'n boete van tot N$15 miljoen. Die handel in of verkoop van ‘n ietermagog het ‘n vonnis van tot 25 jaar tronkstraf en ‘n boete van N$25 miljoen. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A