Halsbande vir olifante

katharina moser
Die Wêreldnatuurfonds (WWF) in Namibië het drie olifante uit verskillende kuddes in die Kunenestreek vir navorsingsdoeleindes gemerk. Volgens die fonds sal die GPS-halsbande wat aan die olifante gesit is, inligting verskaf oor migrasieroetes en die diere se seisoenale bewegings. Dit sal op die beurt gemeenskappe en omgewingsbewaarders help om saam te span om dier-mens-konflik te vermy, gemeenskappe se lewensbestaan te beskerm en ook die veiligheid van inwoners en die olifante verseker. Die toerus van die olifante met die halsbande is met die ondersteuning van die Legacy Landscapes Fund en Conserve Global gedoen. Olifante reis soms honderde kilometers oor die Namibiese landskap. Die data wat deur die nuwe senders ingesamel word, sal wys waar hierdie roetes loop en waarheen hulle die grys reuse lei om olifante sodoende beter te beskerm. Foto's: WWF Namibië

Kommentaar

Republikein 2026-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer