'Groot reënseisoen is amptelik hier'
Reënmeters het in die omgewing van Uhlenhorst oorgeloop met meer as 100 mm wat op die plaas Mbela ontvang is.
Volgens berigte op die WhatsApp-groep Weerinligting het by Onduri Lodge by Outjo en tussen Kamanjab en Outjo 80 mm uitgesak. In die omgewing van Okahandja is tussen 70 mm en 80 mm aangemeld en by Mashare 70 mm.
Intussen het LandWater gister voorspel dat Namibië kragtige donderstorms kan ervaar.
“Hierdie is besonderse kragtige én hoë donderstorms en meermale van nature superselle – mesosiklone (roterende donderstorms wat deur besonderse kragtige stygstrome gevoed word). Hulle lewer ook deurskiettoppe – donderstorms wat kragtig genoeg is om tot die stabiele laer stratosfeer in te dring.”
Die bekende Namibiese weerkenner van Aranos, George van der Merwe, het op Weerinligting in ’n stemboodskap gesê Namibië is nou in sy amptelike groot reënseisoen.
“Die tyd is nou reg. Die intertropiese konvergensiesone beweeg op sy verste punt suid, so die vog is dan die naaste aan Namibië. Sodra hier goeie sisteme ontwikkel, is die vog naby en kan ons goeie reënbuie verwag,” het Van der Merwe gesê.
“Donderbuie in die verre Noorde duur sedert Maandag voort en modelle is baie positief vir goeie reën, veral vir die sentrale dele en die Noorde. Enkele buie kan voorkom oor die oostelike dele van Namibië”.
Van der Merwe sê vanaf Windhoek kan enkele donderselle ook verder suidwaarts ontwikkel, “maar vir dié week is dit hoofsaaklik die sentrale en noordelike dele wat goeie reën kan verwag”.
Reënverslae wat van Maandag tot gister aangemeld is, is soos volg: 65 km noord van Okahandja 48 mm, wes van Hochfeld 47 mm, Hochfeld 17 mm, Zambezi se beroepsopleidingsentrum 43 mm, Katima Mulilo 40 mm, Sangwali 35,3 mm, die King Kauluma-nedersetting 33,5 mm, Namutoni 30,4 mm,, Okaukuejo 18,5 mm Otjiwarongo en Koës 15 mm, Elisenheim 14 mm, Nkasa Rupara Nasionale Park en Kongola 13 mm, die plaas Nimmerrus, 80 km noordwes van Outjo 9 mm, die plaas Otjikururume by Otjiwarongo 8,5 mm, die plaas Buffelhoek, 15 km noordwes van Otjiwarongo 7 mm, Ludwigsdorf 4 mm, Suiderhof 3 mm en Caprivi River Lodge 2 mm.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie